Vyf vermeende renosterstropers is vasgevat na ‘n skietery tussen die stropers en polisie in die Phinda-wildreservaat by Hluhluwe in KwaZulu-Natal uitgebreek het.
‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê hulle het op ‘n wenk gereageer dat daar moontlik stropers in die reservaat bedrywig is.
Hy sê toe die polisie die verdagtes betrap, waarna ‘n skietery gevolg het, en een van die vermeende stropers gewond is.
Die polisie het beslag gelê op onwettige vuurwapens, knaldempers en ‘n byl. Die vyf sal Dinsdag in die hof verskyn.
Sanparke het intussen berigte ontken dat die Krugerwildtuin beplan om 500 van sy renosters uit die park te skuif en die helfte aan privaatkopers te smous.
‘n Woordvoerder, Wanda Mkutshulwa sê nog geen besluite is gemaak nie.
Dit volg na berigte dat 250 van die renosters aan privaatkopers verkoop is vir sowat 60 miljoen rand en nog verskuif sal word na ‘n veilige hawe.

Daar moes gestaan het “noodlottig” gewond !
Ek lees elders die volgende, maar dit word ontken.
“Vier bronne het glo aan die publikasie gesê dat 250 renosters vir ongeveer R60 miljoen aan privaatkopers verkoop is. Die ander 250 sal na ʼn veilige omgewing geskuif word wat deur SANParke beheer word.”
“SANParke het Sondag ontken dat die Kruger-wildtuin 500 van sy renosters uit die park wil skuif en aan privaatkopers wil verkoop.”
Wat sou Oom Paul van hierdie gemors gese het?