Die polisie in Gauteng het meer as vyftig stakende werkers van die metaalwerkersvakbond Numsa in hegtenis geneem vir openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.
Volgens die polisie is 40 mense in Germiston in hegtenis geneem nadat die perseel van ‘n staalmaatskappy onder klippe gesteek is.
Een staker is ook in hegtenis geneem vir die besit van ‘n wapen.
Dertien mense is in Brakpan in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vragmotor met klippe bestook het.

… in hegtenis geneem en ons hoor nooit wat die uitspraak was nie, dus neem ek aan dit gaan ‘n tikkie op die swart vingers wees, PUNT.