Vandeesmaand wag 2 swartes in Oklahoma dodelike inspuitings af

Clayton Lockett en Charles Warner
Clayton Lockett en Charles Warner

Omdat farmaseutiese maatskappye in die VSA weier om verder middels vir gebruik tydens die doodstraf te verskaf, poog regslui vir twee terdoodverooroordeelde swart mans tans om die voltrekking van hul vonnisse verder uitgestel te kry. Clayton Lockett en Charles Warner sal onderskeidelik op 22 en 29 April deur die deelstaat Oklahoma tereggestel word.

Die owerheid het gister die kombinasie van middels waarmee die twee swartes tereggestel gaan word, vrygestel. Slegs ‘n enkele ander Amerikaanse staat maak van dieselfde kombinasie gebruik.

Volgens ‘n woordvoerder van Oklahoma se prokureurgeneraal, Scott Pruitt, sê die twee swartes sal met die kalmeermiddel midazolam ingespuit word, asook pankuroniumbromied en potassiumchloried, wat die slagoffers sal verlam en hul harte sal laat ophou klop. Die deelstaat het ook bekendgemaak dat ‘n apteek die midazolam en pankuroniumbromied sal verskaf, maar die naam van die apteek is nie genoem nie.

Warner se regsverteenwoordiger, Madeline Cohen, meen sy is bekommerd oor die gebruik van die mengsel vir die teregstelling, veral omdat die dosis midazolam wat deur Oklahoma se protokol voorgeskryf word veel kleiner is as dié wat deur Florida gebruik word. “Tot dusver het Oklahoma geen aanduiding gegee dat mediese kundiges oor die metode geraadpleeg is nie,” sê Cohen.

“Dié kombinasie van middels is in ‘n hand vol teregstellings in Florida gebruik en het vrae laat ontstaan omdat midazolam nie ‘n narkotiese middel is nie en dit daarom onduidelik is of dit ‘n gevangene genoegsaam sal narkotiseer vir die tweede en derde middels, wat ongetwyfeld pyn en lyding by iemand sal veroorsaak wat nie genoegsaam onder narkose verkeer nie,” gaan Cohen voort.

Volgens haar “hou die protokol ‘n wesentlike risiko in dat die veroordeelde gevangene ‘n uitgerekte marteldood weens versmoring kan sterf, vanweë die uitwerking van beide midazolam en pankoriumbromied”.

Die prokureurgeneraal het intussen gister ‘n brief aan Warner se regsverteenwoordiger geskryf waarin hy sê dat hoewel die nuwe middels van ‘n apteek afkomstig is, ‘n kwalitatiewe ontleding aangevra is wat oor ongeveer twee weke voltoot sal word en aan die gevangenes se prokureurs beskikbaar gestel sal word. Volgens die brief “word die middels op ‘n wyse geberg wat strook met behoorlike berging en sorg”.

“Boonop sal Oklahoma se departement van korrektiewe dienste u van ‘n ontledingsertifikaat betreffende die basissbestanddele wat in die nuwe amalgaam van midazolam en pankuroniumbromied gebruik gaan word,” skryf die staat.

Die groot farmaseutiese maatskappye – waarvan sommige ook in Europa gesetel is – weier om voortaan aan gevangenisse en korrektiewe departemente te verskaf; vandaar die kwessie rondom die middels wat in die teregstelling deur ‘n dodelike inspuiting gebruik gaan word.

Tien dae gelede het Oklahoma sy uitvoeringsprosedure verbreed om aan die departement van korrektiewe dienste meer opsies te bied.

Lockett en Warner het die deelstaat in Februarie gedagvaar vir meer inligting aangaande die middels wat gebruik gaan word om hulle dood te maak. Hulle en hul prokureurs het aangevoer dat die staat sy teregstellingsmetodes, waaronder die middels wat gebruik gaan word en die bron van sodanige middels, verdoesel het.

Die distriksregter van die Oklahoma-graafskap, Patricia Parrish, het verlede week beveel dat die aangehoudenes oor die reg beskik om meer oor die middels te weet. Parrish het ook ‘n hofbevel toegestaan waarin sy die geheimhouding rondom die prosedure ongrondwetlik bevind, aangesien die staat nie in die hof sy verskaffer kon bekendmaak nie.

Diane Clay, die woordvoerder vir die prokureurgeneraal se kantoor, het gesê dat, hoewel die vertroulikheidsklousule deur Parrish ongrondwetlik bevind is, is die bevel nie finaal totdat alle appelle uitgeput is nie.

Lockett gaan op 22 April tereggestel word vir die skietmoord op ‘n 19-jarige vrou van Perry in 1999. Warner is die doodstraf opgelê omdat hy in 1997 sy vriendin se 11 maande oue baba verkrag en vermoor het.

Intussen poog die regsverteenwoordigers van die twee swart mans om in die Oklahoma-appèlhof die teregstellings gestuit te kry. – Amerikaanse nuusdienste

96 thoughts on “Vandeesmaand wag 2 swartes in Oklahoma dodelike inspuitings af”

  1. Hulle is ter dood veroordeel vir ‘n rede. Nou wil hierdie humaniste kom en kerm oor die bietjie pyn en leiding wat hulle sal ervaar wanneer hulle op hulle pad gestuur word om Satan te ontmoet? Die absurde denkvermoeë van die liberaal vertraagde duur voort

      1. Mag so wees maar dit weeg in baie gevalle nie op teen wat hulle aan hulle slagoffers gedoen het voordat die laaste asem uitgeblaas was.
        Onthou wat se aaklige pynvolle dood het die van Rooyen meisiekind gesterf! Hoe lank het sy in pyn en angs verkeer voordat sy haar greep op die lewe laat los het.

        1. Dit is glo erger as ‘n halsnoermoord – die persoon slaan blykbaar baie kere aan die brand.

          My rede vir ‘n die Guilotine is egter dat die persoon vir ten minste ‘n paar minute nog sien wat met hom gebeur – hy ervaar al die pyn en alles wat hy gedoen het sommer so terwyl hy sy laaste asem uitblaas.

          1. Dis bewys dat die guillotine jou oombliklik uitsit. Jy voel niks. As die bloedvloei stop, is die ligte af.

          2. Nee man Dolk moet nou nie op onse battery kom pie pie nie! Hy weet die lem is oppad so hy beskuit homself lekker!!! en dan hoor hy die ding nog afkom ok! Ai man……!!!

          1. WREED was om die arme baba om die lewe te bring met verkragting! Hulle moet nie omgedraai word nie maar die geweer moet tussen die oë gerus word voor die sneller getrek word!

          2. Ek bring die oormoffies. Kan ons die blindes eerste kans gee om te skiet? Hulle moet ook oefen!

          3. Oog vir ‘n oog! Mens raak gatvol vir altyd die ander wang draai. Geen genade meer vir blankes nie, waarom enige genade betoon aan wreedaards? Tyd is ryp dat die wapen opgeneem word.

          4. Gas goed en wel, stem heeltemal saam met jou. Tog vra ek myself af, is dit nie juis hierdie houding wat ons inneem wat die gevolg het van wat ons daagliks aanskou nie ? Hier praat ek nie net van misdadigers nie. Dis nie meer NET swart wat die misdade pleeg nie. Loer maar rond in die media, hulle is oral. Kom weg van die rasse-ding…..hoe meer daar ras ingebring word hoe meer duister is ons toekoms ! Maak nie saak wat ons in ons hart voel nie, kyk wat ons na buite uitstraal.

          5. Ek weet JAVR, en ons voel almal so……maar ons kan nie kwaad met kwaad vergeld nie. Dit maak ons ewe skuldig aan misdaad.

          6. Leana die skip van moenie kwaad met kwaad vergeld nie het ongelukkig lankal die hawe verlaat toe hulle onder ons begin SLAG het! Dan is ek maar skuldig aan die misdaad gee nie ‘n flenter om nie. Jammer my boerebloed kom eerste.

          7. Hoe kan enige persoon reken, kom weg van die rasse-ding, dit IS ‘N RASSE-DING wanneer blankes geslag word. Ek weier volstrek om die ander wang een dag langer te draai.

          8. Leana ek is jammer, nie ek of jy sal met aanhoudende skrywe anders oortuig word nie en dis goed so! Daar moet anders denkendes wees anders sal dit ‘n BAIE saai lewe wees maar om in ‘n tweegeveg te raak oor wat jy dink versus ek….nee wat, ek sê ek sal kom help om die hel uit te help en dis op hierdie berig en op enige ander berig waar daar MOORDENAARS is. Gelukkig is daar mense soos jy ook.

          9. Ek verstaan wat jy vir my se JAVR. Ons het maar elkeen sy eie persepsie. Buitestaanders sien dit anders…Hulle sien dit as haatspraak teenoor swart. Dr Dan het alreeds die Google advertensie verloor as gevolg hiervan.

          10. Leana dalk moet swart en wit buitestanders liewer die
            volgehoue volksmoord begin raaksien eerder as om ons opmerking buite konteks soos oningeligtes te lees.

            Woorde neem nie iemand se lewe nie maar wreedaardige
            moord wel.

          11. Vir sulke “ingeligte” mense loop julle ook maar met oogklappe deur die lewe.

          12. Dame gaan soek moeilikheid met iemand wat lus is om met jou te baklei! Ek het nie die begeerte daarvoor nie so gaan soek ander prooi hoor. Jy het nou al almal bygedraf op die blad met jou tong so miskien kry jy vars vleis maar dit gaan nie ek wees nie!

          13. Jis Riempies as mens darem dink aan wat die arme slagoffers moes deurgaan nê! Wonder hoe voel die een se gewese vriendin noudat hy haar baba doodgemaak het. Ek weet hoe sou ek voel! Sjoe dis baie hartseer!

          14. JAVR die punt is dit uiters grusame moorde en dit word
            deur swartes teen blankes gepleeg en om dit net te ignoreer en nog bo-op vir hierdie mense te se byimplikasie dat jy maar die verkeerde dinge aanvaar is op die minste net swak met nogmeer swak resultate. Ek ken swartes ek het my lewe lank met swartes op die plaas gewerk en ons het baie goed met mekaar klaargekom. Realiteit is egter dat swartes moet jy regverdig behandel en gee hulle wat
            hulle toekom – wees goed maar moenie te goed wees nie dan het hulle geen respek vir jou nie. My ervaring is ook dat as hulle iets verkeerd gedoen het of jou skade aangedoen het aanvaar hulle dat jy daaroor kwaad is.

            Natuurlik is nie alle swartes moordenaars en
            geweldenaars nie – maar dit is nie teen hulle wat hierdie aggressie gemik is nie ek twyfel of hulle dit ook as sulks sal beskou – as bewys die volgende – iemand het met n geleerde swarte gepraat oor die moorde en die swartman het gese hy kry skaam vir hierdie moordende swartes en ook gese dat Zuma verkeerd optree om die moorde teen blankes aan te moedig.

          15. Stem heeltemal saam met jou Riempies. Die groot probleem is juis dat sommige mense hulle almal onder een kam skeer.

          16. Ja nee Riempies, nie alle swartes is moordenaars nie! Ons het so “crime groep” in ons area waarop ‘n swarte ook is en hy het al ‘n hele paar keer op die fone geskree….daar is groenes in die omgewing wat verdag lyk, kry asb die sekuriteit. Let wel, nie die polisie nie, die sekuriteit. En ons het hom nou die dag ontmoet en dis ‘n jong ou wat eintlik in Malema se ouderdomsgroep is en hy is nie blind vir hul wreedheid nie!

          17. Stem saam, los dit vir die moderators en Dr Dan. Ons het NIKS bereik in 20 jaar nie. Laat ons maar sien wat gebeur die volgende 20 jaar.

  2. Daar is verwarring onder die mens(e) . Ek vind dat mense vanuit n Christelike geloofsoortuiging tot liefde en vergifnis opgeroep word . In die realiteit werk dit nie so lekker . Mense sug dus , soos die chaos toeneem , al hoe meer na God wat moet kom straf .

    1. goede morgen beste Betzie, en die verwarring komt voort uit meedogenloze mensonterende goddeloze bolsjewistische propaganda wereldwijd. Vergiffenis is iets anders dan vergif. Geestelijk vergif wat door baie omgekochte en bedreigde kerkleiders, modieus en trendy en politiek verordonneerd in hun gemeentes is gestrooid. Dat is nu te lang uitgemond in de christen die, uit eigen behoud egoïstisch, maar al te vaak de wang van de andere christen laat toedraaien.

      1. Wanneer daardie sissende
        Glimmende lem eers verby die son se glinsterende strale gegly het
        En die lem se skadukant geruisloos
        ‘n Makabere glimlag vorm
        Soos ‘n boog wat span…
        Deur barbaarse been en murg klief
        En sy nek oopbreek
        Soos ‘n oorryp granaat
        Is dit die roggelende
        Amper brakende
        Swartrooi
        Borrelende gespat
        Wat my op die tou beroep…

        😉

          1. Ek mop nie kfearfs op nie. 😉

            Ek wou eers ‘n baie erge ding geskryf het… toe sensor ek myself. (Met ‘n sperrende bek… ;-))

          2. “”Ek mop nie kfearfs op nie. 😉

            Ek wou eers ‘n baie erge ding geskryf het… toe sensor ek myself. (Met ‘n sperrende bek… ;-))””

            Dis hierdie woorde wat ons Afrikaners nie KAN bekostig om se nie. Dit gaan ons ondergang beteken !

            PS: Dink daaroor !

          1. Ken jy jou Bybel net halfpad, en lees jy net die
            gedeelte wat jou pas?

            Dink bietjie weer daaroor!

          2. Gas, nee gaan dink JY daaroor…..En moenie weer met jou Bybel-onder-die-arm snertpraatjies by my kom nie. Jy weet wat ek daarvan dink !

          3. Leana ek beroep my op Prediker 3 op watter gedeelte
            basseer jy jou mening, in konteks asseblief.

          4. Ek is nie n leke prediker nie ek is net n Christen
            gelowige maar as jy n agnostikus of ateiis is gaan ek nie met jou vanuit my hoek
            praat nie, ons het dan doodgewoon geen raakpunte uit n Christelike standpunt om
            die saak te bespreek nie. Jou opmerking het my dan onder die verkeerde indruk
            gebring. Ek is heeltemal bereid om jou mening te opponeer vanuit n bloot logiese
            redenasie.

          5. Gas ek is NIE ‘n agnostikus en NOG minder ‘n ateiis. Net soos jy is ek ook ‘n Christen. Wil graag ook as ‘n KIND VAN GOD gesien word. As Christen kan en gaan ek dus NIE woorde soos MOORD, BLOED, WRAAK, SKIET DOOD, NEK OOPBREEK hier uitgil nie! Ek hoop jy verstaan my NOU beter !?

          6. Sien die “copy en paste” gedeelte is nie eers gekorrigeer nie. Gas dink jy ons is ALMAL te onnosel om te sien wie jy is ??

          7. SO word dit gedoen Gas.
            “Ek is nie n leke prediker nie ek is net n Christen gelowige maar as jy as agnostkus of ateiis is gaan ek nie met jou vanuit my hoek praat nie.ons het dan doodgewoon geen raakpunte uit n Christelike standpunt om die saak te bespreek nie. Jou opmerking het my dan onder die verkeerde indruk gebring.
            Ek is heeltemal bereid om jou mening te opponeer vanuit n bloot logiese redenasie.”

          8. Nee tensy jy n vriend op die regte plek het om toegang te kry dus se maar wie jy dink ek is.

          9. Gas, jy gaan moet aanhou soos ‘n windhond, of opgee. Sy moet doodeenvoudig die laaste sê hê.

  3. Dié wat die doodstraf verdien soos moordenaars en verkragters se lewens is niks werd so hou die teregstelling ook goedkoop soos laat hulle kniel voor ‘n vuurpeleton. Ek meen wat kos ‘n 303 patroon. ‘n Kleiner kaliber sal ricochet teen daardie kopbeen.

  4. Daai Warner lyk kompleet soos ‘n bulhond met ‘n pruik. Interessant hoe die spul Amerikaners sanik oor hoe die MOORDENAARS eers genarkotiseer word en dan tereggestel word. Daai babaverkragter behoort met die Guillotine tereggestel te word – nee – met twee Guillotines. Eerstens met ‘n kleintjie wat die gereedskap van sy verkragting teregstel en dan ‘n grote om die doodsvonnis te voltrek; in die openbaar op die stadsplein. So ‘n paar sulke teregstellings en Viagra sal nie eers ‘n voornemende verkragter in staat stel tot die daad nie.

    Die goedkoopste sal egter ‘n vuurpeleton wees – een skutter en een patroon.

        1. Dit laat my aan die grappie dink waar twee kleurlinge in Adderley staat stap. Die een sê toe: “Hulle het ou Jonas gister toe gehang” Die ander een sê toe: “Maar het hy nie appeal nie”? Die eerste een sê toe: “Nee hulle het hom sommer gehang met ….en al!”

          1. Blykbaar het Jonas die doodstraf gekry vir assault met ‘n battery.

Maak 'n opvolg-bydrae