Kandidatelyste sluit vandag

malema3Die kandidatelyste vir politieke partye sal Woensdagmiddag om vyfuur sluit.

Politieke partye het nog net tot vanmiddag die geleentheid om hul kandidatelyste vir die 7de Mei se verkiesings voor te lê en hul deposito’s aan die onafhanklike verkiesingskommissie te betaal.

Die ANC, DA en Cope het hul lyste reeds ingedien. Die Ekonomiese Vryheidsvegters het vroeër aansoek gedoen om die deposito van R605.000 ongeldig te verklaar.

Die party het aangevoer dat die registrasiegeld te hoog is en dat dit nuwe partye benadeel.

Die EFF-aansoek is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof van die hand gewys. Die leier van die EFF, Julius Malema, het gesê die hofuitspraak is ‘n bewys daarvan dat verkiesings die rykes bevoordeel.

Malema het ná die uitspraak gesê dat die EFF nogtans aan die verkiesing sal deelneem, al is die deposito nie betaal nie.

Die EFF het tot vanmiddag vyf-uur toe tyd om hul kandidaatlyste tesame met die verpligte deposito by die Onafhanklike Verkiesingskommissie in te dien.

Alhoewel die Hooggeregshof in Pretoria Dinsdag die EFF se aansoek om kwytskelding van die deposito van die hand gewys het, het die hof nie dadelik redes verskaf waarom die EFF se aansoek nie geslaag het nie.

Regter Joseph Raulinga sal Woensdag redes vir sy beslissing gee.

Malema het sy ondersteuners intussen die versekering gegee dat sy party aan die verkiesing sal deelneem.

 

34 thoughts on “Kandidatelyste sluit vandag”

  1. Kandidaatslyste? Die ANC lede wil seker nog vir oulaas
    aas wat hulle kan – ek voorspel dat die land in annargie gaan verval binne die
    volgende twee jaar, daar gaan nie kos wees nie en die kos wat daar is gaan
    onbekostigbaar raak! Weereens die ANC het nie ore nie en geen
    verantwoordelikheidsin nie.

  2. Ek het gewonder wanneer hierdie op Praag beskikbaar gaan wees. Ek reken die regter is aangesê om hierdie te doen. – Hy sal nou maar redes uit sy duim moet suig.

    Wat ek nie verstaan nie is hoe die EFF gaan deelneem aan die verkiesing as hulle name nie op die stembriewe is nie – as die deposito nie betaal is nie sal die name verseker nie op die stembriewe verskyn nie. Die enigste ander manier is om geweldadig in te meng in die proses. Dit wil niemand van ons sien nie.

    As jy egter kyk wat se onsin die president kwytraak (http://mybroadband.co.za/news/government/98420-apartheid-blocked-internet-in-sa-zuma.html) en (http://mybroadband.co.za/vb/content.php/8178-Serious-crime-in-South-Africa-declining-since-1994-Zuma) dan is daar nie veel hoop nie.

    Hy glo vas die ANC het internet na die land gebring – ek meen as student het ons in 92 die eerste keer met ‘n sweempie van die internet te doene gekry en eers in 95 is dit wêreldwyd kommersiëel beskikbaar gewees. Verder glo hy geweld en misdaad het afgeneem. Ons moet hierdie egter in die Afrika kultuur sien – dit wat die hoofman sê is so.

    1. Die nar leef in sy eie droom wêreldjie en solank hy homself glo en kan oortuig hou sal niks en niemand iets kan verander behalwe deur geweld nie! Dit is waarop ALLES wys op hierdie stadium van die geveg Rooikop. Hier kom bloed wat loop, dis verseker! Zuma is ‘n flippen idioot!

      1. As dit jy was – “good for you” :-)) – Ek sien Malema as ‘n reuse gevaar vir stabiliteit in die land – ek weet nie of hy nou geregistreer het aldan nie. Ek reken die ANC probeer hom so stil moontlik kry en so lank as moontlik uit die hoofstroom politiek hou. Met hom moes hulle maar eerder dieselfde taktiek as met mulder gebruik het – hou jou vyande naby.

          1. Gepraat van dit Rooikop… Ek het nog AL my tande in my bek! Dit sluit my opinie in! :-))

          1. Ja nee StalinX, dis al daai groen vleis wat hulle so afwas met asyn in die supermarkte wat hom so laat lyk! Hulle vrek mos nie van vrot vleis nie!

  3. Nou dreig hy dat die geveg gaan begin nadat die hof nie in sy guns beslis het nie. Nogal met kostes. Kyk hy het so ‘n bietjie hard met moederaarde kennis gemaak met daardie uitspraak.
    Hy sal maklik die geld bymekaar kry want daar is ryk bedrieërs wat die EFF steun ten voordeel van hulself.

  4. De 18 eerste plaatsen van de ANC kieslijst
    1. Jacob Zuma polygamist
    2. RAMAPHOSA, MATAMELA CYRIL
    http://nl.wikipedia.org/wiki/Cyril_Ramaphosa
    3. GIGABA, KNOWLEDGE MALUSI NKANYEZI
    http://en.wikipedia.org/wiki/Malusi_Gigaba
    4. PANDOR, GRACE NALEDI MANDISA
    http://en.wikipedia.org/wiki/Naledi_Pandor
    5. RADEBE, JEFFREY THAMSANQA
    http://en.wikipedia.org/wiki/Jeff_Radebe
    6. MBALULA, FIKILE APRIL
    http://en.wikipedia.org/wiki/Fikile_Mbalula
    7. NZIMANDE, BONGINKOSI EMMANUEL
    NZIMANDE, BONGINKOSI EMMANUEL
    8. DLAMINI, BATHABILE OLIVE
    http://en.wikipedia.org/wiki/Bathabile_Dlamini
    9. SISULU, LINDIWE NONCEBA
    http://en.wikipedia.org/wiki/Lindiwe_Sisulu
    10. CHABANE, OHM COLLINS
    http://www.sahistory.org.za/people/ohm-collins-chabane
    11. MOTSHEKGA, MATSIE ANGELINA
    http://en.wikipedia.org/wiki/Angie_Motshekga
    12. MTHETHWA, EMMANUEL NKOSINATHI
    http://en.wikipedia.org/wiki/Nathi_Mthethwa
    13. GORDHAN, PRAVIN JAMNADAS
    http://en.wikipedia.org/wiki/Pravin_Gordhan
    14. MAPISA-NQAKULA, NOSIVIWE NOLUTHANDO
    http://en.wikipedia.org/wiki/Nosiviwe_Mapisa-Nqakula
    15. DIDIZA, ANGELA THOKOZILE
    http://en.cyclopaedia.net/wiki/Angela-Thokozile-Didiza
    16. MOTSOALEDI, PAKISHE AARON
    http://en.wikipedia.org/wiki/Aaron_Motsoaledi
    17. HANEKOM, DEREK ANDRE
    http://en.wikipedia.org/wiki/Derek_Hanekom
    18. SISULU, MAX VUYISILE
    http://en.wikipedia.org/wiki/Max_Sisulu

  5. De 19 eerste plaatsen van de ANC kieslijst

    1. Jacob Zuma polygamist

    2. RAMAPHOSA, MATAMELA CYRIL

    http://nl.wikipedia.org/wiki/Cyril_Ramaphosa

    3. GIGABA, KNOWLEDGE MALUSI NKANYEZI

    http://en.wikipedia.org/wiki/Malusi_Gigaba

    4. PANDOR, GRACE NALEDI MANDISA

    http://en.wikipedia.org/wiki/Naledi_Pandor

    5. RADEBE, JEFFREY THAMSANQA

    http://en.wikipedia.org/wiki/Jeff_Radebe

    6. MBALULA, FIKILE APRIL

    http://en.wikipedia.org/wiki/Fikile_Mbalula

    7. NZIMANDE, BONGINKOSI EMMANUEL

    http://en.wikipedia.org/wiki/Blade_Nzimande

    8. DLAMINI, BATHABILE OLIVE

    http://en.wikipedia.org/wiki/Bathabile_Dlamini

    9. SISULU, LINDIWE NONCEBA

    http://en.wikipedia.org/wiki/Lindiwe_Sisulu

    10. CHABANE, OHM COLLINS

    http://www.sahistory.org.za/people/ohm-collins-chabane

    11. MOTSHEKGA, MATSIE ANGELINA

    http://en.wikipedia.org/wiki/Angie_Motshekga

    12. MTHETHWA, EMMANUEL NKOSINATHI

    http://en.wikipedia.org/wiki/Nathi_Mthethwa

    13. GORDHAN, PRAVIN JAMNADAS

    http://en.wikipedia.org/wiki/Pravin_Gordhan

    14. MAPISA-NQAKULA, NOSIVIWE NOLUTHANDO

    http://en.wikipedia.org/wiki/Nosiviwe_Mapisa-Nqakula

    15. DIDIZA, ANGELA THOKOZILE

    http://en.cyclopaedia.net/wiki/Angela-Thokozile-Didiza

    16. MOTSOALEDI, PAKISHE AARON

    http://en.wikipedia.org/wiki/Aaron_Motsoaledi

    17. HANEKOM, DEREK ANDRE

    http://en.wikipedia.org/wiki/Derek_Hanekom

    18. SISULU, MAX VUYISILE

    http://en.wikipedia.org/wiki/Max_Sisulu

Maak 'n opvolg-bydrae