Twintig studente geskors by UJ oor beurs-oproer

ujTwintig studente is geskors na betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ) oor ‘n tekort aan befondsing deur die regering se nasionale studente-finansiële hulpskema (NSFAS).

Sowat ‘n honderd studente het vandag buite die universiteit se Kingsway-kampus betoog.

Geregistreerde studente is geskors hangende dissiplinêre optrede en moontlik kriminele klagte teen hulle.

Studente wat nog nie geregistreer is nie en wat deel was van die protes sal aangekla word van kriminele gedrag, het die universiteit gesê.

Die universiteit sê die studente het administratiewe en registrasie-aktiwiteite ontwrig.

“Die universiteit respekteer die reg van studente om vreedsaam te protesteer , so lank as wat akademiese en administratiewe aktiwiteite nie ontwrig word nie en die veiligheid van studente en personeel is nie in die gedrang gebring word nie.”

Die vise-kanselier, Tinyiko Maluleke sê die studente het ‘n persooneellid aangehou, en van die studente het gedreig om die universiteit af te brand.

Studente by tien universiteite sê hulle gaan registrasie en klasse ontwrig uit protes teen onvoldoende befondsing deur die NSFAS.

Die SA Studentekongres ( Sasco ) het Sondag ‘n oproep om massaprotes oor die befondsingstekort gedoen.

Mangosuthu Universiteit van Tegnologie en die Durban Universiteit van Tegnologie in KwaZulu-Natal ervaar ook ontwrigting as gevolg van die protes.

“Geen registrasie by die universiteite nie totdat alle studente gelyke geleenthede gegee word,” het Sasco se president Ntuthuko Makhombothi aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

 

8 thoughts on “Twintig studente geskors by UJ oor beurs-oproer”

  1. LOS hulle sodat hulle NOG afbrand en afbreek – dis mos hul “reg om te protesteer”.

    So tussen ons, met wie se geld is hierdie universiteit gebou ? Is dit ‘n reg, of ‘n voorreg om ‘n beurs te ontvang ?

    “Geen registrasie by die universiteite nie totdat alle studente gelyke geleenthede gegee word,” – sluit dit voornemende blanke studente ook in ?

  2. Daarsy, gee die barbare hel! As hulle nie iets kan kry waar hulle nie geregtig is op, dan gaan hulle aan soos hooligans. Hoop hulle hou Makhombothi verantwoordelik vir die skade. In my tyd het my ouers betaal en vakansies moes ons gaan werk het. Daardie tyd was niks verniet nie.

  3. Natuurlik stuit hierdie barbaarse gedrag ons teen die bors.
    Ek gaan nie uit my pad, of keur dit af nie. Ons het jare gelede al gewaarsku dat hierdie dinge gaan gebeur, en ons is as verkramp afgemaak.
    Ek geniet dit om te sien hoe die liberales se kaartehuis ineen stort. Dit verskaf my groot genot, en ek kan nie genoeg daarvan kry nie. Eintlik gebeur dinge vir my hopeloos te stadig. Daardie Univeiteit kan maar in vlamme opgaan. Vir ons is hy niks werd nie. Die hele land is vir ons niks werd nie.
    Gee daardie swartes hulle grade en diplomas, want slaag gaan hulle nie. So by so kan hulle daarmee niks maak nie. Hulle eie leiers het skaars skool opleiding, en sal nie dat hulle ondergeskiktes bo hulle uitstyg nie.

Maak 'n opvolg-bydrae