Winderige koeie laat skuur ontplof

koeivlamMetaangas uit 90 winderige koeie het ‘n Duitse plaasopstal laat ontplof en skade aan die dak aangerig.

Een van die diere is beseer, het die polisie gesê.

Hoë vlakke van die gas het opgebou in die struktuur in die sentrale Duitse dorp Rasdorf, toe ‘n statiese elektriese lading ‘n vonk veroorsaak het wat die gas laat ontplof het in vuurtongflitse,” het die owerhede in ‘n verklaring gesê.

Een koei is vir brandwonde behandel, het ‘n woordvoerder van die polisie gesê.

27 thoughts on “Winderige koeie laat skuur ontplof”

      1. Ja, hier is ek! En jy is heel reg … ek glo aan “call a spade, a spade”, noem ‘n poep, ‘n poep. Noem ‘n skelm ‘n skelm, noem ‘n kaf … nee, kom ek stop vir eers daar!

        Ek het ‘n voorstel vir jou Trippie (as jy wil saamspeel) … eerder as “keelgat” opsit, kon jy mos gese het – Rifrug gaan nou weer hieroor begin blaf!

          1. Praagtig … ek wil hulle sommer aan die nekvel optel – en in die gesig lek! (die hond in my)

          2. Terwyl ons baba fotos uitruil. Rifruggies in Sep2013 gebore (was in die foto ook so 4 weke oud)

          3. Sjoe! Jy is oplettend … dis amper onsigbaar in die foto – maar ja, dis die pa se gene! Ma het geen wit aan haar nie.

  1. Mensig, ek het dit nou al ‘n paar keer gesê, maar ek moet nog net eenmaal myself herhaal … PRAAG, vandat winde van verandering plaasgevind het oor die afgelope paar weke, is dit éen groot plesier om na die opskrifte te kyk, die foto’s en prentjies, sowel as die omskrywing en beskrywing in die artikels. Smaakvol, humor, erns, sommer so “mengelmoes” van alles !

    Bestuur is TOPS – van ‘n trotse, daaglikse Praag-leser.

Maak 'n opvolg-bydrae