
Duisende mynwerkers van die vakbond Amcu by Lonmin in Noordwes het op ‘n staking om hoër lone besluit.
Die Lonminmynwerkers op Marikana het eenparig besluit om te begin staak.
Dit is nou die tweede staking in die platinumbedryf.
Werkers het vroeër ook by Impala Platinum besluit om te staak.
Die president van die vakbond, Amcu, Joseph Mathunjwa, sê hulle eis ‘n intree-vlak salaris van R12.500. Die mynbestuur het ‘n 8,5% verhoging aanbied.
Hy sê Amcu sal Maandag ‘n 48-uur stakings-kennisgewing op die mynbestuur bedien. Die werkers sal volgende Donderdag begin staak.
Geen einde is nog in sig wat die sitstaking by die Vlakfontein steenkoolmyn by Ogies in Mpumalanga betref nie. Die werkers het Woensdag begin staak.
Werkers is ontevrede oor voorgenome afleggings.
Amcu sê verskeie kontrakteurs se werkers asook administratiewe personeel, neem aan die staking deel.

R12 500 intree salaris? Die klomp het weereens ‘n oorskatting van hulle eie waarde. Ek kry die gevoel dat die werkers misbruik word deur AMCU en hul meesters om die ANC en spesifiek Ramaphosa by te kom. Die uiteinde hiervan gaan wees dat die myne gaan sluit – Zambië is sprekend ‘n voorbeeld – en dat die werkers die gelag betaal. Ek sien swaar tye in die toekoms vir ons. Ek was van opinie dat dit slegs voor die verkiesing sal plaasvind maar het nou die idee dit gaan vir ‘n baie lang tyd so chaoties voortgaan. Tussen die EFF en AMCU wil en sal hulle die land brand
Götterdammerung – Is dit nie die bedrag wat die mynbase betaal het aan die werkers – waarvan die grootste gedeelte in gekorrupteerde hande geland het i.p.v. die werkers se salaris?
Moenie die ANC weggooi nie. Zuma praat mos jou juis van “radikale hervormings” om sy volgelinge te paai vir die verkiesing.
Amcu is baie onrealisties om R12.500 vir ‘n intree vlak salaris te eis vir die wat meestal ongeskool is. Hier gaan seker weer gehuil word as daar orde gehandhaaf moet word gedurende die staking.
Die ZARPS moet solank hulle gewere laai en skoonmaak
Hulle moet veral ook nie daai .223 muti vergeet nie. Daai muti hy is to much strong.