
Die polisie in Mpumalanga moes ‘n bejaarde swartvrou na veiligheid bring om haar te beskerm teen ‘n woedende skare.
Inwoners van Waterval het gedreig om haar lewendig te verbrand.
Hulle sê die vrou is ‘n heks en verantwoordelik vir die tragiese busongeluk op die Molotopad twee weke gelede. Dertig mense is dood in die ongeluk met ‘n bus en twee vragmotors.
Een van die Molotopadgebruikers, Anastacia Terane, het aan IOL gesê die oorsake van ongelukke op dié, sowel as ander paaie, word toegeskryf aan toordery en geheimsinnige verskynings wat oor die pad kom en bestuurders verlei.
Sy meen dit is omdat Suid-Afrika nog nie verander het na Apartheid nie, en mense steeds openbare vervoer moet gebruik om te gaan werk. Sy sê die bestuurders is ook oormoeg.
Gebedsessies is reeds voorheen gehou op die Molotopad om die voortgesette slagting te verminder.
Die inwoners het die bejaarde vrou se huis afgebrand en die polisie moes haar inderhaas na veiligheid bring nadat die skare aangedring het dat sy die bestuurder getoor het.
Die aanval op die bejaarde kom nadat talle Putcobusse, geskut is in ‘n gesamentlike-multi-dissiplinêre padblokkade op die Molotopad buite Pretoria.
Honderde pendelaars was gestrand as gevolg van die operasie en dié stap het waarskynlik gemoedere verder opgejaag.
Die minister van vervoer, Dipuo Peters het polisie en verkeersbeamptes vergesel by die padblokkade, voordat sy ‘n aankondiging oor die e-tolstelsel verlede Woensdag gemaak het.
Peters sê die operasie sal voortgaan op verskeie plekke: “Ons sal op strategiese punte wees om seker te maak dat ons kyk padwaardigheid van voertuie, soos na die lisensievoorwaardes van bestuurders en seker maak dat motoriste die korrekte permit het om op die pad te wees. Ons wil ook seker maak dat ons met die passasiers in aanraking kom en hulle bewus maak van die feit dat dit ook hul verantwoordelikheid is om hul bestemming in een stuk te bereik.”

Dis om van aan de tjanke te gaan !
En die mens kan sê waar ons kinders skool gaan en waar ons mag werk met hulle BEE en AA. Ek tjank sommer saam!!!
Anastacia Terane, jou kop raas ernstig.
Hierdie pad is bekend vir al sy noodlottige ongelukke, dit duur nou al vir jare. Wat verbasend, meer skokkend is, is dat die pad steeds nie onderhou word nie. Ook is dit so dat busbestuurders en taxi’s nie ‘n flenter omgee of hulle die padreels gehoorsaam, ongeag die veiligheid van mede padgebruikers en insittendes van die busse en taxi’s. Ek moet saamstem op een puntjie, Suid-Afrika het nie verander na apartheid nie, die spul hou dit dan lewendig. Omgekeerde apartheid.
Nee nee Angela, dit is die tokkelossie en die hekse. Ek is verbaas dat Apartheid nie ook bygesleep word nie.
Jy praat so, ek lag steeds hiervoor ; [ toordery en geheimsinnige verskynings wat oor die pad kom en bestuurders verlei ].
Jy maak nou slapende ‘ hekse ‘ wakker, apaaatheit is die hoofoorsaak, ons wag net dat dit hulle byval.
Jy is reg – die probleem is apatie – ons kan nie omgee dat goed in duie stort nie, al wat saak maak is die “window dressing” dat dit lyk of dinge OK is.
Wel, vir my maak dit redelik sin. Verneem Genevieve gooi gereeld duim.
Jy sal weet, jy’t my gereeld ‘n geleentheid gegee.
Asof ek dit sal / kan vergeet. Praat van verlei! Toe ek u vra om die ratte so effe te wissel toe skakel u my ratkierie oor na toprat. Die wrak van my tjor n stawende getuienis.
Moenie vir my se die vroumens sit jou ook ore aan nie Snertpraat
Die heks wat gejag word se naam is bekend gemaak dit is Dipuo Peters
Laat hy die heks van endor na ‘n vulletjie lyk;)
niks het verander na apartheid nie en die mense moet nog van openbare vervoer gebruik maak….. is trokke en besems nou geklasifiseer as openbare vervoer? probeer die huidige regime dan nie met e-tollie en goutrein die openbare vervoer verbeter nie?
die toormiddel se naam is vrygestel deur die hoof van ondersoek….Blacklabel, lyk en smaak soos bier….
het jy n besem en n hoed en n stok gekry? jy het my getoor, my getoor…..
Die een kla omdat hulle nog van openbare vervoer moet gebruik maak. – kla met die warm brood onder die arm.