Riool in Milnertonstrandmeer gestort

Milnertonstrandmeer
Milnertonstrandmeer

’n Gebarste pyp het veroorsaak dat riool in die Milnerton-strandmeergebied gestort het.

“Die stad Kaapstad se departement van water en sanitasie werk onverpoosd om die rioolpyp, wat afvalwater na die Koeberg-pompstasie neem, te herstel,” sê die betrokke burgemeesterkomiteelid, Ernest Sonnenberg.

Die stormwaterkanaal het die gebied ná swaar reën oorstroom.

Sonnenberg sê verskeie pogings – soos ensiembehandeling – word aangewend om die uitwerking van die storting te beperk.

Alle ontspanningsbedrywighede word tot verdere kennisgewing in die gebied verbied. – Sapa

8 thoughts on “Riool in Milnertonstrandmeer gestort”

      1. Klink vir my na ‘n plan. Ons moet die regering taak om na al hierdie name te kyk. Daar is mos nog baie kaders wat vernoem moet word.
        Ook dinge soos Queenstown, Ladysmith – Harrismith – al daardie name 🙂 hopelik hou dit hulle besig om minder van ons Afrikaner name te verander.

Maak 'n opvolg-bydrae