
’n Gebarste pyp het veroorsaak dat riool in die Milnerton-strandmeergebied gestort het.
“Die stad Kaapstad se departement van water en sanitasie werk onverpoosd om die rioolpyp, wat afvalwater na die Koeberg-pompstasie neem, te herstel,” sê die betrokke burgemeesterkomiteelid, Ernest Sonnenberg.
Die stormwaterkanaal het die gebied ná swaar reën oorstroom.
Sonnenberg sê verskeie pogings – soos ensiembehandeling – word aangewend om die uitwerking van die storting te beperk.
Alle ontspanningsbedrywighede word tot verdere kennisgewing in die gebied verbied. – Sapa
