Beeld berig dat Bobby Godsell, voorsitter van Besigheidsleierskap Suid-Afrika, ‘n dwarshou na Capitec gemik het oor skuldinvordering.
As hy ’n mynbestuurder was, sou hy geweier het om skuldbevele (loonbevele) teen mynwerkers se lone uit te voer, het Godsell gesê.
“Ek sou gesê het, jammer Capitec of wie ook al, ek is nie jou skuldinvorderaar nie – jy het daardie skuld toegestaan, gaan vorder dit self in. Vat my hof toe as jy wil, maar ek gaan dit nie doen nie,” het Godsell gister op die Joburg-Indaba vir die mynbedryf gesê.
Die skuldvlakke van mynwerkers is besonder hoog en daar word stemming gemaak dat dit ‘n rol gespeel het in die onrus wat tot die Marikana-slagting gelei het.
Hoé looneise is baie meer waarskynlik ‘n funksie van stygende verwagtinge onder die arm swart massas wat deur swart rykdom en die gepaardgaande uitspattigheid veroorsaak word. Reeds in die klassieke liberale teorie sedert de Toqueville is dit ‘n aanvaarde feit dat stygende verwagtinge tot rewolusie lei.
Die swart rolmodelle wat op elke TV-kanaal, sepie, tydskrif en koerant pryk dra mildelik by tot die algemene verwagting onder swartes dat hulle ingedoen word en baie meer verdien. Die heersende politieke diskoers wat die buitelandse mynmagnate ondersteun is uitsluitlik een van swartes wat “benadeel” word.
Volgens buitelandse mynmagnate egter is die buitensporige looneise en gewelddadigheid waarmee kollektiewe bedinging ál meer gepaard gaan, suiwer ‘n gevolg van die loonbevele.
Sommige ondersoekers het vasgestel dat 15% van die werkers in skagte op platinummyne feitlik geen geld ontvang op betaaldag nie omdat alles aan geldskieters uitbetaal word. Getuienis daaroor gaan glo aan die Farlam-kommissie oor die Marikana-slagting voorgelê word, maar dit gebeur nie weens die vertragings met die sittings van die kommissie.
“Ek dink daar moet ’n nasionale debat oor skuldbevele teen werker-lone gevoer word,” het Godsell Woensdag aan die indaba-gangers in Sandton gesê.
Hy het ook skerp woorde gehad vir mynbase wat loonbevele toestaan.
“Dis maklik om agterna te sê ja, dis Amcu, die Ekonomiese Vryheidsvegters en die policiti, maar hierdie dinge gebeur in ons eie agterplase.
“Mynwerkers is van die bes betaalde werkerskorps in Suid-Afrika. As hulle probleme ondervind met armoede, dan is dit uiters belangrik dat ons uitvind waarom dit so is.”

Moet dan nie skuld maak WAT JY NIE KAN BETAAL NIE!!!! Ons moet vir alles betaal, so kan julle ook – niks val uit die lug uit nie
In hierdie geval glo ek dat daar wel ‘n ooreenkoms was dat die geleende geld van sy/haar salaris afgetrek kan of moet word.
So indien ek te veel skuld gemaak het en dit nie kan betaal nie, moet ek vir ‘n hoër salaris vra en indien ek dit nie kry nie staak ek?
soos een OC wat ek gehad het – sy vertel vir my sy wil sommer R1000 meer hê per maand WANT sy het nou ‘n Jet rekening, ‘n Russells rekening, ‘n Edgars rekening en sy moet dit betaal!!!! pffft
Dit is nie ‘n onbillike versoek nie Naal, onthou hulle is agtergeblewenes en daar moet opgemaak word vir wat hulle in die verlede verloor het. Hoop van harte jy het dit toegestaan.
hehehe – ek sien nog hoe hardloop sy by die hek uit…!!
Duidelik betaal jy haar te min. Dis eintlik nie iets om oor te spog nie.
ek werk vir jare alreeds sommer self, Tine
Is die krap se naam nou???
JAVR lyk so ja……..
Gedog sal sommer jou adres vir haar gee siende dat jy so vrygewig is.
Maklik en bankrekening besonderhede om in te betaal.
Daar is enorme gapings tussen die range salaris gewys van sommige maatskappye. En ook so met verhogings. In die maatskappy waar ek werksaam is was die verhoging vir ‘n sekere ranggroep 6.2%. Vir ‘n ander ranggroep was dit 3.2% want daar moet nou met rasse skrede bespaar word anders is hierdie maatskappy onderdeur. Maar, in dieselfde maatskappy kry ‘n top bestuurder 29%! Gelukkig was dit in die pers gemeld. Daardie persoon het toe sy baadjie gevat en bedank toe die vrae begin heftig raak.
Willy dit wat jy seg is waar. Die punt hier is dat hierdie mynwerkers die hoog betalendste mense in die land vir ongeskoolde arbeid is. Almal in die land met hulle kwalifikasies kry minder as hulle, maar hulle staak vir hoër lone? Maak dit enige sin? Daar sit duisende Blankes wat vir daardie geld sal werk wat baie hoër kwalifikasies as hulle het.
Stem met jou saam Seg en die kontrak-skoonmakers by hierdie maatskappy kry nie net ‘n goeie salaris nie, as ek die nuutste modelle sel. fone so sien, maar maak gebruik van dieselfde voordele wat ons permanente staf kry soos gratis koffie / tee enigtyd en hoeveel soos hulle wil en gratis oproepe van ‘n werksfoon. Dan sien ek nie dat hulle “spark” om die gebou skoon en netjies te hou nie. Altyd een gaan roep!
Maar ja terug by my bostaande kommentaar het dit gegaan oor onregverdighede wat by maatskappye gebeur.
If the rising living standards and social conditions of individuals, their relationship to the market and state in African societies are not dealt with properly it will invariably lead to revolutions. The book Democracy in America is today considered an early work of sociology and political science.
Godsell moet hier lees http://praag.org/?p=11413
Ja, hoekom betaal hy nie self sommer die skuld van die werkers nie.