Barclays byt spit af teen Capitec, Standard

barclaysDie Britse bank Barclays het erken dat hy duisende Suid-Afrikaanse kliënte aan Capitec bank en Standardbank afgestaan het.

Barclays is die derde grootste bank in Brittanje. Hulle het vroeër vanjaar duisende poste vakant gemaak ter besparing in die VK.

‘n Woordvoerder, Craig Bond, sê Barclays beplan om R1,2 miljard rand te bestee aan opknappings by sy takke in Suid-Afrika.

Die bank, wat in Suid-Afrika as Absa bekendstaan, probeer om weer lae-inkomste kliënte terug te wen wat na Capitec oorgeloop het, asook kliënte wat hulle rekeninge na Standardbank oorgeplaas het. – RSG/praag

Bobby Godsell mik dwarshou na Capitec

capitecBeeld berig dat Bobby Godsell, voorsitter van Besigheidsleierskap Suid-Afrika, ‘n dwarshou na Capitec gemik het oor skuldinvordering.

As hy ’n mynbestuurder was, sou hy geweier het om skuldbevele (loonbevele) teen mynwerkers se lone uit te voer, het Godsell gesê.

“Ek sou gesê het, jammer Capitec of wie ook al, ek is nie jou skuldinvorderaar nie – jy het daardie skuld toegestaan, gaan vorder dit self in. Vat my hof toe as jy wil, maar ek gaan dit nie doen nie,” het Godsell gister op die Joburg-Indaba vir die mynbedryf gesê.

Die skuldvlakke van mynwerkers is besonder hoog en daar word stemming gemaak dat dit ‘n rol gespeel het in die onrus wat tot die Marikana-slagting gelei het.

Hoé looneise is baie meer waarskynlik ‘n funksie van stygende verwagtinge onder die arm swart massas wat deur swart rykdom en die gepaardgaande uitspattigheid veroorsaak word. Reeds in die klassieke liberale teorie sedert de Toqueville is dit ‘n aanvaarde feit dat stygende verwagtinge tot rewolusie lei.

Die swart rolmodelle wat op elke TV-kanaal, sepie, tydskrif en koerant pryk dra mildelik by tot die algemene verwagting onder swartes dat hulle ingedoen word en baie meer verdien. Die heersende politieke diskoers wat die buitelandse mynmagnate ondersteun is uitsluitlik een van swartes wat “benadeel” word.

Volgens buitelandse mynmagnate egter is die buitensporige looneise en gewelddadigheid waarmee kollektiewe bedinging ál meer gepaard gaan, suiwer ‘n gevolg van die loonbevele.

Sommige ondersoekers het vasgestel dat 15% van die werkers in skagte op platinummyne feitlik geen geld ontvang op betaaldag nie omdat alles aan geldskieters uitbetaal word. Getuienis daaroor gaan glo aan die Farlam-kommissie oor die Marikana-slagting voorgelê word, maar dit gebeur nie weens die vertragings met die sittings van die kommissie.

“Ek dink daar moet ’n nasionale debat oor skuldbevele teen werker-lone gevoer word,” het Godsell Woensdag aan die indaba-gangers in Sandton gesê.

Hy het ook skerp woorde gehad vir mynbase wat loonbevele toestaan.

“Dis maklik om agterna te sê ja, dis Amcu, die Ekonomiese Vryheidsvegters en die policiti, maar hierdie dinge gebeur in ons eie agterplase.

“Mynwerkers is van die bes betaalde werkerskorps in Suid-Afrika. As hulle probleme ondervind met armoede, dan is dit uiters belangrik dat ons uitvind waarom dit so is.”