
Die dwelmbendegevegte in die Wes-Kaap raak warm. Genl. Riah Phiyega sal egter in haar pos as polisiehoof aanbly terwyl die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) klagte van regsverydeling teen haar ondersoek.
Die ondersoek spruit uit beweerde vriendskapsbande van lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, met ’n dwelmbaas, waarin Phiyega glo geïmpliseer word
Phiyega word daarvan beskuldig dat sy die Wes-Kaapse polisiekommissaris oor ondersoeke teen hom gewaarsku het.
Phiyega se teenstanders hoop daar is gronde vir skorsing onder die Wet op Arbeidsverhoudinge. As sy skuldig bevind word hoop hulle sy sal summier afgedank word en formeel aangekla word van dwarsboming van die gereg.
Waarnemende direkteur van Opod, Koekie Mbeki het gesê die besluit om die saak te ondersoek was in lyn met die wet.
“Ons verwag om die ondersoek te voltooi binne drie maande. Phiyega verwelkom die ondersoek,” het haar woordvoerder Lt.genl Solomon Makgale gesê.
“Die nasionale kommissaris hou nog steeds vol dat sy geen misdaad gepleeg nie,” het hy gesê.
Volgens berigte het Phiyega Lamoer by drie geleenthede gewaarsku dat sy bewus was dat hy ondersoek word.
Die Sunday Independent het berig dat hulle telefoongesprekke wettig afgeluister is deur misdaadintelligensie-agente wat Lamoer se oproepe afluister.
Hy het na bewering bande met ‘n Kaapse dwelmhandelaar en bekende sakeman.
Makgale het gesê Lamoer het in Julie 2012 self die ondersoek aangevra en was dus nog altyd bewus van die ondersoek. Hy het gesê die ondersoek was egter in geen stadium openbare kennis nie.
Hy sê Lamoer was verbaas toe hy uitgevind het dat ‘n politieke party ook bewus is van so ‘n saak.
Phiyega het vroeër gesê dit is “interessant” dat die aantygings teen haar opgeduik het kort ná haar besluit om die voormalige waarnemende misdaadintelligensiebaas Maj.genl. Chris Ngcobo op spesiale verlof te plaas.
Ngcobo is op spesiale verlof geplaas ná ‘n keuringsproses teenstrydighede in sy kwalifikasies gevind het.
Phiyega en generaals in misdaadintelligensie het mekaar daarna van wanvoorstelling en verdagmakery beskuldig oor ’n ondersoek deur die Valke en misdaadintelligensie na die beweerde vriendskapsbande van Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, met ’n dwelmbaas, asook beweerde korrupsie.
Intussen het die Pietermaritzburgse landdroshof Dinsdag gehoor dat Maj.genl. Bethuel Mondli Zuma in die toilet weggekruip het om te verhoed dat ‘n alkoholtoets op die aand toe hy in hegtenis geneem is, geneem word.
‘n Padverkeertoesighouer Zain Mahomed het getuig in Zuma se verhoor .
Vorige getuienis het getoon dat Zuma se bloedalkoholvlak 3,5 keer die wettige perk was, maar dat die toets nie geldig was nie in die hof.
Zuma sou Gauteng se nuwe provinsiale kommissaris van polisie geword het, maar is ure nadat hy aangestel is deur die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega afgedank toe dit blyk dat die saak teen hom hangende is.

Dan weet ons hoekom die ondersoeke na plaasmoorde so traag is – die polisie is maar deurmekaar. Die enigste rede hoekom die boeremaglede suksesvol vervolg is, is omdat blankes die saak hanteer het.
Janee, maar hulle kan darem Mandela se kamtige moordenaars “fnuik”. Ek wonder by watter onderhandeling het daai stertjie bygekom? Seker toe die ou yskas toe is in die formalien
Jis!
Die foto het my amper laat dink dat die Pliesie se baas se vingers op pad is om haar gears te change!
he hehe he die tor het uitgeklim…..
Weet iemand of sy al die range deur is tot genl> of het sy geskip?
Is sy werklik gekwalifiseerd vir die joppie?
Sherbet, daai neus is so plat, sal moet ‘n icecream stokkie gebruik!
Die SAPD is in chaos gedompel. Haar voorgangers tot voor George Fivaz was ook net so korrup en onbevoeg.
Wanneer daar weer ‘n funksionerende polisiemag gaan wees weet nugter. Die volgende aanstelling sal seker ook net so korrup en onbevoeg wees want daar is nie een geskikte kandidaat volgens my nie.
Met ander woorde die polisie hoofde, wat na Fivaz gedien het, was almal korrup?
Haar woordvoerder is Lt.genl Solomon Makgale. As jou woordvoerder ‘n Lt Generaal is dan is hy verseker jou baas. Blykbaar is La Muhr ook in sy muhr volgens die bendes.
‘n Mens kry die indruk die SAP se trefkrag word doelbewus ondermyn deur ‘n derde mag?
Ongetwyfeld, daardie mag se naam is die ANC. Dit is nie in enige van die trogvarke se belang om ‘n goed funksionerende, onafhanklike regsisteem te he nie. Die ANC mentaliteit is dat hulle verhewe is bo die reg. Hulle kan dus plunder, dronk bestuur, kwalifikasies vervals( hierdie lg is waarskynlik gebore uit die mengsel van “arrogance and stupidity” waar hulle glo dat hul velkleur alleen hulle kwalifiseer vir enige beroep) ens. Die kaders wat almal in poste ver bo hulle vermoeens sit en salarisse kry wat ontkoppel is van enige prestasie verseker dat die regsisteem totaal inmekaar gestort het. Die enigste misdaad nou is om ‘n blanke te wees of om Zuma Inc finansieel in te doen.
Dit het goed gegaan met die Wes Kaap totdat die ANC
busvragte mense ingevoer het (met Zille se goedkeuring) wat nog nie n teerpad
gesien het nie, en natuurlik die buitelanders wie se kleur reg is maar
sondergewete gebore is – die kaapsevlakte met dwelms kom oorstroom het en sie
daar nog n deel van die land en menselewens effektief vernietig deur die
derdewereld mens.