Zuma wil ‘historiese ontmoetingsplek met Afrikaners’ in Dakar bevorder

Jacob Zuma en Macky Sall van Senegal. Foto: die presidensie
Jacob Zuma en Macky Sall van Senegal. Foto: die presidensie

Ná sy besoek aan Senegal, het president Jacob Zuma verklaar dat toerisme en ekonomiese samewerking tussen Dakar en Pretoria bevorder gaan word.

Veral Gorée-eiland, waar die uitgeweke ANC met ‘n groep linkse Afrikaner-intellektuele in 1987 vergader het, sal tesame met Robbeneiland bemark word.

“Daardie historiese vergaderplek was baie belangrik aangesien dit die ANC gemistifiseer het en blanke Suid-Afrikaners dit beter laat verstaan het. Hierdie eiland is daarom ‘n spesiale plek in die Suid-Afrikaanse oorgangsgeskiedenis,”

Zuma het op 2 Oktober persoonlik ‘n besoek aan die eiland gebring en en ook die Gorée-instituut aangedoen waar die ontmoeting tussen die ANC en die Afrikaner-intelligentsia plaasgevind het.

Tydens die 20-jarige herdenking van dié ontmoeting in 2007 wat deur dr. Frederik van Zyl Slabbert, dr. Theuns Eloff en ander gereël is, het die ANC glad nie opgedaag of uitnodigings beantwoord nie. Volgens die joernalis Chris Louw, self ‘n Dakar-ganger en wat intussen selfmoord gepleeg het, het die “Afrikaner-intellektuele” tydens die herdenkingspartytjie maar taamlik bekaf gelyk aangesien sommige besef het dat hulle eintlik maar net gebruik is om Afrikaners te verdeel.

Wat ekonomiese samewerking betref, het president Zuma en president Sall van die Republiek van Senegal ooreengekom om samewerking op vele gebied uit te brei, waaronder lugvervoer, water, energie, verdediging, landbou, hoër opvoeding en toerisme.

“Ons sien uit na meer uitgebreide ekonomiese verhoudinge. Ons is tevrede dat Suid-Afrikaanse maatskappye soveel geleenthede in Senegal raakgesien het,” sê Zuma.

 DIe Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), ‘n Afrikaner-instelling wat intussen heeltemal getransformeer is, sal Senegal bystaan met die bou van die Blaise Diagne-internasionale lughawe in Diass, Senegal. Daarbenewens sal die NOK, Transnet, Lonrho en TMMF Holdings ‘n consortium daarstel en deelneem aan die bou van die Dakar-AIBD-Thies-spoorwegprojek.

Wat lugvervoer betref, het Senegal en Suid-Afrika ooreengekom om van Dakar ‘n versamelpunt te maak om die hele Wes-Afrikaanse gebied te bedien. Hulle sal die daarstelling van ‘n goed ontwikkelde lugonderhoudsdiens bevorder, wat in staat sal wees om in die vraag vanuit dié sektor te voorsien.

 Die twee leiers het ook samewerking bespreek aangaande kwessies rondom die versterking van die Afrika-Unie, hoe om vrede en veiligheid te bevorder en ‘n regverdige en billike wêreldorde teweeg te bring. – Praag en mediavrystelling van die presidensie deur Mac Maharaj

6 thoughts on “Zuma wil ‘historiese ontmoetingsplek met Afrikaners’ in Dakar bevorder”

  1. Goeie idee, net jammer meeste van dai libturds is oorle of weg gehardloop, Dakar klink na n leklker plek vir die res van die libturds in RSA neem hulle soontoe en laat hulle daar bly, al 10 van hulle.
    Daar was natuurlik net EEN kant wat gewen het na die Dakar veraad…..die ANC

  2. En hier sit ek en dink wat het van al daardie “onderhandelaars” geword en wat het hulle gedink toe die ANC nie vir die herdenking opgedaag het nie? Hulle weet nou mos om te probeer onderhandel met hulle werk nie. Gaan net bietjie terug in die geskiedenis en lees wat het gebeur by Bloedrivier.

  3. Oor ‘n klompie jare is ek seker dat by terugskouing, die geskiedenis sal wys dat Jacob Zuma die heel swakste staatshoof vir SA was en die meeste ekonomiese skade berokken het vandat Jan van Riebeeck in 1652 voet aan wal gesit het.

Maak 'n opvolg-bydrae