G4S dalk swaar beboet oor geweld by tronk

g4sDie departement van korrektiewe dienste het 29 kennisgewings van boetes aan die privaat sekuriteitsmaatskappy G4S beteken nadat voorvalle van geweld by die Mangaung-maksimumsekuriteitsgevangenis sedert 14 September voorgekom het.

Die gevangenis word privaat deur G4S Africa bedryf. G4S is ‘n Britse multinasionale sekuriteitsmaatskappy met sy hoofkwartier in Crawley, in die Verenigde Koninkryk. Dit is die wêreld se grootste sekuriteitsmaatskappy gemeet aan inkomste en is werksaam in ongeveer 125 lande.

Dié maatskappy is verlede jaar in die VK in ‘n openbare veldtog gekritiseer weens sy betrokkenheid by Israel.

Sedert die middel van September is verskeie voorvalle van geweld aangemeld. ‘n Vroulike beampte is verlede week deur vier gevangenes as gyselaar aangehou, berig Eyewitness News.

Die aantal voorvalle van geweld by die tronk het sedert verlede maand skerp toegeneem nadat meer as 300 lede van die polisievakbond Popcru afgedank is omdat hulle onwettig gestaak het.

Die maatskappy het sedert 14 September die terme en voorwaardes van sy kontrak 29 keer oortree en die boete vir elke voorval is R36 000. Indien die kennisgewings goedgekeur is, sal die maatskappy altesaam R1,44 miljoen se boetegeld aan die departement moet betaal.

Andy Baker, hoof van G4S Africa, het egter gesê elke voorval was ‘n ongeluk wat nie voorsien kon word nie.

2 thoughts on “G4S dalk swaar beboet oor geweld by tronk”

  1. `n Swart regering wat `n Wit maatskappy taak om sy bandiete op te pas. Slim.
    `n Wit maatskappy wat val hiervoor. Dom.

    Hierdie kontrakkie gaan vinnig `n verleentheid word vir G4S. Veral wanneer die media begin ondersoek in stel na die ex huursoldaat element in die maatskappy se bestuur.

  2. G4S Leer maar op die duur manier soos ons
    Afrikaners – hulp aan die swartes kom jou duur te staan – alles het vir hierdie
    swartes net een waarde en dit is hoeveel hulle uit jou kan mergel na daardie
    hulp.

    Nou wonder ek my ook potblou – hoekom n Britse firma in n privaat tronk by Marika – wat mag nie uitlek na die publiek toe nie? As Ramaphosa dalk hier lees en moontlik iets weet vir ons se?

Maak 'n opvolg-bydrae