Korrupte munisipale amptenare gewaarsku

Derek Luyt
Derek Luyt

Die Minister van Samewerkende Regering, Lechesa Tsenoli, het korrupte munisipale amptenare gewaarsku dat hulle met die volle mag van die reg te doen sal kry.

Tsenoli het by die konferensie van die Vereniging van Komitees oor Openbare Rekeninge in Port Elizabeth gesê hy wil aanstaande jaar die aantal munisipaliteite met skoon oudits vermeerder.

Hy het ook daarop gewys dat daar reeds 400 mense weens korrupsie in hegtenis geneem is, wat gestraf sal word.

Die Minister sê hy wil ‘n omgewing in munisipaliteite skep waar dienslewering nie net plaasvind nie, maar die aanspreeklikheid gesien kan word in die gehalte van dienste wat gelewer word.

Nog ‘n spreker by die geleentheid, die direkteur van die Sentrum vir Verantwoordbare Regering, [Hoof van Media and Advocacy in the Public Service Accountability Monitor by Rhodes Universiteit] Derek Luyt, sê die regering moet ophou met politieke aanstellings sodat aanspreeklikheid vergroot kan word.

Luyt sê daar is genoeg mense wat die vaardighede en die vermoë het om ‘n oorsigrol uit te oefen.

Volgens hom is die meeste mense in poste politieke aanstellings wat nie oor die vaardighede beskik om mense te verteenwoordig en seker te maak dat alle werksaamhede behoorlik gemonitor word nie. – RSG

13 thoughts on “Korrupte munisipale amptenare gewaarsku”

  1. Ditsem !

    Daar is baie blankes wat die nodige kennis en agtergrond het om hierdie posisies te vul, maar weens velkleur kry hulle nie die top-posisie aanstellings nie.
    Stad Tshwane sit reeds met ‘n spul hulpelose idiote wat allemintige salarisse verdien en uiters onbekwaam is – die Blanke doen steeds die werk !

    Daar is soveel gevalle waar die nie-blankes hul familielede (almal is mos nefies, niggies, boeties en sussies) ook inprop, wat heeltemal teen Stad Tshwane se beleid is !

    1. Trippie lees hierdie skakel dan gaan jy verstaan hoe benard dit met die ANC gaan – al die vergrype wat hulle nou aanvang soos die krag en die tolpaaie en en en is bloot n poging tot skade beheer – dit is verby met die ANC of hulle nou aan bewind bly of nie. Hoe gouer ons mense dit besef en
      dienooreenkomstig ons huiswerk doen en ons eie planne maak hoe beter vir
      ons.

      http://www.bdlive.co.za/economy/2013/10/02/imf-warns-vulnerable-sa-to-speed-up-reforms

        1. Gas ja baie insiggewend – tog wat se die skrywer
          van die artikel en Karen Hudes wat ons nie al min of meer weet nie – weliswaar
          nie in detail nie tog niks werkliks nuut nie. Die strategie van globale
          oorheersing het vir my nog altyd geneig na die EURO trouens ek het dit al by
          geleentheid hier op Praag gese. Ek het eers die artikel gelees en toe na die
          video gekyk en geluister – iets klink vir my bekend en verdag – so asof die hele
          gesprek ingestel is op die NWO strewe – Obama wat baie graag sy land wil red uit
          hierdie geldmag se hande en net stil bly oor hy bang is hy word vermoor en en
          uiteindelik gaan ons almal op die wereld gelukkig en finansieel sterk as net
          mense saam woon? Hoor graag jou mening op my repliek.

  2. Wat Deriek Luyt sê, het ons as inwoners wat munisipale rekeninge getrou en op datum betaal al lankal gesê. Dit is niks nuut nie. Ook al gewoond dat Tsenoli dreig maar niks gebeur nie. Hy wil net iets sê dat iemand weet hy is nog met ons.

  3. Hierdie artikel laat my lag. Maar dit laat my ook dink. Besef ons die hoeveelheid werk wat dit gaan verg om hierdie land “skoon” te kry van korrupsie en alles wat daarmee saamgaan? In die afgelope 2 maand eis 190 (!!!!) polisiemanne in hegtenis geneem vir onwettige praktyke. In die Oos-Kaap alleen (synde die konferensie ddar was) is meer as 4000 staatsamptenare tans “geskors” weens korrupsie.
    Hierdie is geen maklike taak nie. Dis nie soos ‘n kanker wat jy kan uitsny nie. O nee- die hele wese van regering is deurspek daarmee. Jy sal die hele organisme moet tot niet maak en van voor af begin. Elke liewe denkbare vlak van nasionale, provisiale en plaaslike regering is kaput. Ek ys om te dink wat dit gaan vat om weer te begin.
    Ons kan egter – ons het mos al, of hoe???

  4. Die DA se “claim to fame” is dat hulle die regering sal regruk deur goeie administrasie. Dit is ‘n belaglike stelling wat suiwer deur die getalle van onbevoegde en korrupte amptenary onlogies gemaak word. Wat gaan die DA doen – die hele 3,5 miljoen amptenary afbetaal en sommer vinnig vinnig ‘n nuwe Staatsdiens in plek stel? Die feit van die saak is, indien die DA – of enige ander politieke party – ooit bewind sou oorneem sal daar geen of min verandering wees want die stelsel is verrot tot in sy diepste.

    Myns insiens is die verkleinering van beheerde gebiede, soos in ‘n Kanton stelsel, die enigste uitweg. Administrasie moet vanuit daardie spesifieke gebied kom en amptenare moet polities verantwoordbaar wees teenoor die bevolking wat in daardie gebied woon – nie teenoor ‘n spesifieke politieke party nie. Sommige noem dit self-beskikking, ek noem dit haalbare oorlewing

Maak 'n opvolg-bydrae