Seriti: Direkteur van Gevegstelsels getuig

planesDie Seriti-kommissie van Ondersoek wat aangestel is om die regering se omstrede wapenaankope te ondersoek, sal vandag meer hoor oor die proses wat gelei het tot die besluit om die Suid-Afrikaanse Lugmag se Grippen-vegvliegtuie en Hawk-vegopleidingsvliegtuie aan te koop.

Brigadier-generaal John Bayne sal oor die Lugmag se verouderde vloot vliegtuie getuig en die debatte wat plaasgevind het oor die vervanging daarvan.

Bayne, wat die Direkteur van Gevegstelsels by die Lugmag is, sal ook getuig oor waarom vegvliegtuie aangekoop is in die huidige vreedsame politieke bestel en oor die aanwending van die vliegtuie.

Die Seriti kommissie is deur President Jacob Zuma aangestel om bewerings van bedrog, korrupsie en ongerymdhede in die sogenaamde wapenaankooptransaksie te ondersoek. – RSG

4 thoughts on “Seriti: Direkteur van Gevegstelsels getuig”

  1. Sover ek weet het ek in die beeld gelees dat die staats aanklaer gese het dat hy genoeg bewyse het om Zuma en (Shaik abier nie meer seker van die naam nie) te vervolg vir korupsie en omkopery. Wonder nou net wat van die bewyse geword het. En hoekom nou na al die jare sou Zuma n ondersoek loods teen die omstrede wapen transaksie. Daar is ook al klaar bevestig dat die Swede wat die wapens verkoop het al klaar skuldig bevind is aan omkopery. Hulle het ook n masiewe boete betaal vir omkopery en bedrog. Hoekom nou n ondersoek loods as ons klaar weet wie die skuldiges is.

Maak 'n opvolg-bydrae