British Airways vlieg met stokou onderdele

kululaVerskeie vliegtuie van Comair het die naweek vanuit Durban en Kaapstad na Johannesburg gevlieg om onderdele te vervang.

Dit volg op berigte dat elf van die lugredery se vliegtuie wat deur British Airways besit word, met onderdele vlieg wat al ‘n jaar gelede vervang moes word.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid het Vrydag beveel dat Comair se vliegtuie nie die laaiblad mag verlaat voordat die onderdele vervang is nie.

Comair sê veiligheid is belangrik op al die lugredery se vliegtuie.

Passasiers is na vlugte van Kulula oorgeplaas. – RSG

3 thoughts on “British Airways vlieg met stokou onderdele”

  1. Waarom nou eers? Moet hierdie vliegtuie nie van die nodige dokumentasie en bewyse, voor elke vlug , voorlê dat hulle wel ondersoek en lugwaardig is nie? Of is dit maar soos die dinge vanaf 1994 gedoen word? Laat Gods water oor Gods akker loop. Solank daar nie ‘n ongeluk is of mense dood is nie is die kind se naam Wit Willem en neuk dit maar voort.

  2. Sedert ek ‘n half uitgedraaide bout op een van hulle enjins waargeneem het tydens ‘n vlug, het ek maar besluit om verby te hou met BA! As sulke foute aan die buitekant sigbaar is, het ek maar gewonder hoe lyk dit onder die enjinkap? Nou is my vermoede bevestig!

Maak 'n opvolg-bydrae