Verskeie vliegtuie van Comair het die naweek vanuit Durban en Kaapstad na Johannesburg gevlieg om onderdele te vervang.
Dit volg op berigte dat elf van die lugredery se vliegtuie wat deur British Airways besit word, met onderdele vlieg wat al ‘n jaar gelede vervang moes word.
Die Burgerlike Lugvaartowerheid het Vrydag beveel dat Comair se vliegtuie nie die laaiblad mag verlaat voordat die onderdele vervang is nie.
Comair sê veiligheid is belangrik op al die lugredery se vliegtuie.
Passasiers is na vlugte van Kulula oorgeplaas. – RSG
