De Klerk: Mandela nader einde van lang pad na vryheid

Oud-president Nelson Mandela nader die einde van sy lang pad na vryheid, het mede-oud-president FW de Klerk Donderdag sonder ironie gesê, met verwysing na die titel van Mandela se outobiografie, Long walk to freedom.

“Op sy verjaarsdag, moet ons die merkwaardige bydrae wat hy in Suid-Afrika en aan al sy mense gemaak het, gedenk,” het De Klerk gesê.

“Vandag moet ‘n tyd vir stilte en respekvolle oorsig wees, en nie vir ‘n onbehoorlike gekibbel oor die eienaarskap van mnr Mandela se erfenis nie.”

Mandela verkeer steeds in die hospitaal. Hy het Donderdag sy 95ste verjaardag gevier.

De Klerk het gesê dat ten spyte daarvan dat Mandela ‘n lojale lid en staatmaker van African National Congress is, moet alle Suid-Afrikaners hom trots hul eie kan noem.

Hy het Mandela se rol in die nasionale versoening en die opkoms van ‘n demokratiese nasie geprys.

“Nelson Mandela se plek in Suid-Afrika se geskiedenis is verseker.

Sy nalatenskap van moed, deursettingsvermoë en grootmoedigheid sal voortgaan om ons te inspireer – en mense regoor die wêreld – vir generasies om te kom.”

Maak 'n opvolg-bydrae