Verkeersknope by Cosatu-opmars in Oos-Rand

Verkeersknope word Vrydag in Ekurhuleni verwag wanneer die vakverbond Cosatu teen die e-tolstelsel betoog.

Die Johannesburgse hooggeregshof het Donderdag ‘n dringende bevel toegestaan wat Cosatu toelaat om voort te gaan met die betoging.

Cosatu het hom tot die hof gewend nadat die Ekurhuleni-munisipaliteit en die polisie sy versoek om te betoog, geweier het.

Verlede Vrydag is ‘n soortgelyke betoging in Johannesburg gekanselleer nadat die landdroshof Cosatu se aansoek om op die stad se hoofweë te betoog, afgekeur het.

Die betoging in Ekurhuleni het om 07:30 by die Mbhoro-kerk langs die Huntersfield-stadion in Masakhanestraat begin.

Verkeer in Heidelbergweg, die N3, N12, R24 en die R21 sal geraak word.

Maak 'n opvolg-bydrae