Mynbase gaan aanspreeklik gehou word vir plofstof wat verdwyn

Moeilike tye wag vir Suid-Afrika se superryk mynbase. Die hoë salarisse wat betaal word aan vakbondbase deur die myne, lei glo nie noodwendig tot die beskerming van werkers nie. Nou lyk dit of mynbase kriminele klagtes vir die OTM-bomaanvalle in die gesig staar.

Die land se bankwese word in gevaar gestel deur die aantal OTM-bomaanvalle, skryf De Wet Potgieter in die Daily Maverick.

Die golf van OTM-bomaanvalle in die land bly vir kundiges en intelligensiebronne ‘n kopseer. Hulle het hul kommer oor die groot hoeveelhede plofstof wat uit Suid-Afrika se myne verdwyn, uitgespreek. Volgens mynbronne, is dit byna onmoontlik om behoorlik te monitor hoeveel plofstof gesteel word – en dit word wyd geglo dat baie van die kommersiële plofstof wat gebruik word in OTM-bomaanvalle afkomstig is van myne.

Die omvang van die probleem is duidelik na ‘n vlaag OTM-bomaanvalle verlede jaar in die Rustenburg-gebied, wat deur die talle myne omring word. Die plaaslike koerant, die Platinum Weekly, beskryf die situasie as ‘n “OTM-oorlogsone”.

Intussen, volgens die Daily Maverick se bronne, is al die uitvoerende beamptes van myne in Gauteng byeengeroep na ‘n vergadering belê is deur die polisie in Gauteng met kommissaris Mzwandile Petros, waar hulle “in geen onsekere terme” vertel is dat hulle persoonlik aanspreeklik gehou en aangekla sal word, as misdadigers aangekeer word wat plofstof afkomstig van myne of mynbedrywighede gebruik het.

Die mynbase is daaraan herinner dat hulle, as rekenpligtige beamptes, moet voldoen in terme van die wetgewing wat die vervoer, gebruik en berging van plofstof by myne in Suid-Afrika beheer.

Daily Maverick is meegedeel dat die mynbase hierdie waarskuwing van kriminele klagtes nie ligtelik opneem nie, en hulle het glo opdrag gegee aan hul  regsdepartemente om veiligheidskundiges te raadpleeg om pro-aktiewe maatreëls in plek te stel.

Die lae persentasie van arrestasies van OTM-bomaanvallers is ‘n ander kwelvraag. Dit mag daarop dui dat die aanvallers die toepaslike opleiding gehad het, soos werknemers wat verantwoordelik is vir beheerde ontploffings in die myne.

Dit neem ‘n hoë vlak van praktiese ervaring om ‘n OTM-bom met sukses te laat afgaan. Volgens Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, kan net kundiges ‘n beheerde ontploffing sonder die vernietiging van die kontant verseker.

Die tendens het toegeneem van 12 in 2005, 54 in 2006, tot 386 in 2007 – ‘n toename van 607%.

Die plofstof wat gebruik word in OTM-bomaanvalle is geïdentifiseer as ‘kommersiële plofstof” wat hoofsaaklik gebruik word in myne vir ondergrondse skietwerk.

Bongani Diako, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric), sê OTM-bomaanvalle is af met 47% van verlede jaar.

“Verder, hoewel die streng beheer van plofstof in die nuwe Wet (15 van 2003) is, is hierdie wetgewing nog nie in werking nie. Die vorige Wet (26 van 1956) is die wetgewing tans in werking is..”

Die koste van die vervanging van ‘n OTM kan enigiets tussen R150, 000 en R300, 000 wees, afhangende van die ligging van die masjien.

Maak 'n opvolg-bydrae