Lesbiese paar woedend omdat skool hul seun weier

Kry ‘n egskeiding, of verwyder jou kind uit ons skool. Dit is wat ‘n getroude gay egpaar vertel is deur ‘n private Christelike skool.

Dit het gebeur tydens ‘n vergadering na hul vyf-jaar-oue seun aan sy Graad R-onderwyser vertel het dat hy “twee moeders” het.

Die onderwyser het die saak by die skoolhoof gaan rapporteer.

Kally, 26 en Samantha Mabe, 27, wat openlik lewe as ‘n lesbiese paartjie, het hul seun by Secunda Highveld Christian School in Mpumalanga vroeër vanjaar ingeskryf.

Hulle word daarvan beskuldig deur die skool se administrateurs dat hulle die inligting waarin hul seksuele oriëntasie op hul aansoekbrief gegee word, vervals het.

“Die skoolhoof het gesê hulle was onder die indruk dat ek is getroud met ‘n man,” sê een van die ouers.

“Die pastoor het gesê dat as hulle geweet het ons is ‘n lesbiese paartjie, sou hulle nooit sou toegelaat het om ons seun in die skool in te neem nie…

“Hy het gesê die skool het ‘n Christelike private skool wat Christelike waardes vir die kinders van normale mans en vroue wil oordra, en dat ons probeer om die skool se reëls te herskryf en hulle waardes te verander.” het Kally gesê.

Die pastoor het na bewering gedreig om regstappe te neem as die egpaar nie hul seun uit die skool haal nie.

Die SA Menseregtekommissie se woordvoerder Isaac Mangena het gesê die kommissie is betrokke by verskeie klagtes met betrekking tot diskriminasie in skole.

“Die SAMRK het onlangs ‘n bevinding teen die Creare Training Centre gekry, wat teen leerlinge op grond van hul seksuele oriëntasie gediskrimineer het.

“Die kommissie het konsekwent gesê dat leerlinge nie teen gediskrimineer kan word op grond van hul seksuele of godsdienstige oortuiging, of dié van hul ouers nie,” het Mangena gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae