Min belangstelling in wit meisie wat wreed deur bruines vermoor is

Haar dogter Kirsty is soos ‘n dier vermoor, sê die moeder van ‘n wit tiener wat deur bruin vriende glo op ‘n wreedaardige wyse vermoor is.

Sylvia Theologo was Dinsdag ontsteld toe die moordverhoor in die hooggeregshof in Palm Ridge aan die Oos-Rand uitgestel is.

Die familie het buite die hof met plakkate betoog.

Kirsty (18) en ‘n 14-jarige vriendin (nou 16) is op 21 Oktober 2011 saam met ses bruines na ‘n koppie tussen Rosettenville en Linmeyer in Johannesburg.

Die bruines het volgens die klagstaat die twee meisies met voorbedagte rade na die koppie gelok. Hulle het die twee niksvermoedende wit tieners begin aanrand en Kirsty teen die kop en in die gesig met ‘n klip geslaan.

Daarna het hulle petrol oor albei meisies gegooi en aan die brand gesteek.

Die beskuldigdes het gemaak dat hulle wegkom, maar die erg beseerde Kirsty met brandwonde oor haar hele lyf, het nogtans ‘n hele kilometer na haar huis teruggestrompel. Sy is enkele dae later in die hospitaal aan haar beserings oorlede.

Haar vriendin het die aanval oorleef, maar het ernstige letsels van die aanval oorgehou.

Isha Harvey (24), Robin Harwood (19), Lindon Wagner (23) en Courtney Daniels (18) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Twee ander bruin verdagtes Jeremy King en ­Lester Moody (albei 19) het verlede jaar skuld beken en ‘n pleitooreenkoms met die staat bereik.

Hulle is elk tot 17 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord waarvan vyf jaar opgeskort is.

King en Moody sal na verwagting albei as staatsgetuies optree as die verhoor weer hervat.

Dit wil voorkom asof die aanval uitsluitlik weens rasvooroordele plaasgevind het. Kirsty Theologo se moord geniet egter feitlik geen aandag in die media nie.

Maak 'n opvolg-bydrae