Amerikaanse aandele tuimel na Bostonbom, 3 dood

Amerikaanse aandele het na gister se bomontploffings in Boston dramaties met 266 punte gedaal. Dit is een van die mark se ergste dalings tot dusver.

Die dalings volg op twee bomme wat by die eindpunt van die Boston Marathon ontplof het. Drie mense is in die ontploffings dood en meer as 170 beseer. ‘n Derde bom het later by die JFK-biblioteek in die stad ontplof.

Slegs twee bomme is in Boston gevind na gister se ontploffings. Daar is aanvanklik berig dat meer bomme gevind is wat nog nie ontplof het nie.

Die Amerikaanse FBI sê die ander pakkies was egter nie bomme nie. Die FBI sê hulle volg verskeie leidrade op.

Intussen wil die FBI nie kommentaar lewer oor verdagtes in die Boston Marathon-bomontploffings nie. Op ‘n vraag tydens ‘n mediakonferensie wou hulle nie ontken of erken dat ‘n verdagte in aanhouding is nie.

Die polisiekommissaris van Boston Ed Davis het ook ontken dat een van die beseerdes ‘n verdagte kan wees. Volgens Davis volg hulle alle leidrade op. Hy het die inwoners van Boston aangemoedig om met hulle normale lewe aan te gaan.

Maak 'n opvolg-bydrae