Twee Suid-Afrikaners beseer in Bostonbom

Twee Suid-Afrikaanse atlete is beseer in die ontploffing wat tydens die Boston-marathon in die Verenigde State plaasgevind het.

“Tot dusver is ons in kennis gestel van twee Suid-Afrikaners wat beseer is. Volgens ons inligting word hulle behandel en ons bied konsulêre diens aan hulle,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, aan SABC gesê.

Altesaam 28 Suid-Afrikaners was geregistreer vir die marathon.

Minstens drie mense is Maandag dood en meer as 100 ander beseer in twee ontploffings naby die eindstreep van die Boston-marathon.

Maak 'n opvolg-bydrae