Oudpres. FW de Klerk het Dinsdag gesê hy voel geëerd om uitgenooi te word om die voormalige Britse premier Margaret Thatcher se begrafnis in Londen by te woon.
“Ek is geëerd om Margaret Thatcher as ‘n vriendin te kon hê,” het De Klerk in ‘n verklaring gesê.
“Ek voel geëerd om deur die Britse regering en die Thatcher-familie Londen toe genooi kon word om die begrafnis van barones Thatcher by te woon.”
Thatcher se begrafnis word Woensdag gehou.
Koningin Elizabeth II en verskeie ander hoëprofiel-gaste sal die begrafnis bywoon.
Thatcher het op 8 April in die ouderdom van 87 gesterf nadat sy ‘n beroerte gehad het.
De Klerk het gesê Thatcher sal onthou word as ‘n leier wie se beleidsrigtings en benadering ‘n aansienlike invloed gehad op politiek regoor die wêreld.
