Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het Maanadag ‘n berig verwerp waarvolgens by gesê het hy wens oudpres. Nelson Mandela sterf.
“Ek wens regtig Madiba leef vir altyd. Ek wens ook sommige joernaliste wil meer etiek hê voor hulle ‘n boodskap heeltemal verdraai,” het Jansen Maandagoggend getwiet.
‘n Twitter-gebruiker het aan Jansen gesê: “Ek neem aan die ‘berig’ oor jou wat wens Mandela is dood, is gemors? Wat die koerante sal doen om ‘n storie te kry is skokkend”.
Jansen het reageer deur te sê dit is “absolute gemors”.
Lacea Loader, sy woordvoerder, het gesê ‘n verklaring oor die kwessie sal later Maandagoggend uitgereik word.
