Medupi: Arbeidsonrus smeul

Vergeet wat Eskom, die regering en die media sê: Hier volg ‘n verslag deureen van die wit kontrakteurs by Medupi, uit Ellisras.

Ek werk op Medupi kragstasie projek nou al vir 2 jaar. Ons het nou al die perseel ‘n allemintige 11 keer in hierdie laaste 2 jaar ontruim! As die klomp werkers ongelukkig is oor iets, staak hulle, gooi klippe en brand af. Soos ek nou hier sit en tik, sit ons buite die Medupi-perseel omdat daar weer omtrent 2000 van die ontevredenes staan en dans, almal met stokke en konstruksiepype wat hulle rondswaai.

Einde verlede jaar is heelwat skade aangerig. Hierdie jaar is daar “net” ‘n hele spul voertuie se ruite uitgegooi. Vandat ons in Januarie oopgemaak het, was daar nog nie een dag se produksie gelewer nie. Ons moes al twee keer die jaarlikse induksie doen. Elke keer wat ons op die punt staan om te begin werk, gooi die blikslaers klip en dan moet ons hardloop. Die media berig dat als in orde is en dat produksie weer op koers is. Dit is een groot leuen.

Ons staan al amper einde Maart se kant toe, en hier was nog absoluut niks gedoen aan die kragstasie nie. Hulle kry elke week ‘n nuwe rede om te staak. Dit wissel van bonusse wat hulle glo nie reg was nie, die Project Labour Agreement wat hulle wil uit hê, alle waarskuwings wat moet verval, ens, ens.

Verlede week het die polisie rubberkoeëls geskiet, en een van die werkers wat getref is, is ‘n paar dae gelede oorlede. Nou staak hulle weer want hulle soek 10 af om te “rou”. Elke week is daar ‘n ander rede. En Eskom sit terug en maak asof niks gebeur nie. Hulle het sekuriteitsheinings om hulle kantore gespan en ‘n hele klomp sekuriteitspersoneel en tegnologie wat hulle beskerm. Maar die kontrakteurs is aan hulle eie lot oorgelaat. Ons is die ape wat elke keer moet hardloop as die geweld opvlam.

Maak 'n opvolg-bydrae