Boer by Ventersdorp doodgeslaan

In die jongste  plaasaanval by Sterkstroom, naby Ventersdorp is ‘n boer dood geslaan en sy vrou erg beseer nadat sy met ‘n bofbalkolf geslaan is, berig Beeld.

Cora Stighlingh (63) het met ‘n gebreekte arm na ‘n buurplaas bestuur om hulp te ontbied. Haar man, Johan (65), is doodgeslaan in dieselfde aanval.

Die Stighlinghs wou kerk toe gaan toe twee swart mans hulle net ná 09:00 op hul plaas, oorval het, sê hul skoonseun, Deon Vosloo.

Cora is in die Wilmedpark-hospitaal in Klerksdorp waar haar arm geopereer is. Sy het ook kop- en rugbeserings opgedoen.

Die aanvallers het met twee selfone en vermoedelik nog items, waaronder wapens, gevlug.

Brig. Thulani Ngubane, kommunikasiehoof van die polisie in Noordwes, het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord en huisroof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Maak 'n opvolg-bydrae