Staatsrede stel teleur, sê Mulder

Die president se staatsrede het teleurgestel deurdat dit hoofsaaklik ‘n herhaling van ou mislukte beleidsoplossings was. Hierdie beleidsoplossings het tot op datum nie geslaag om werk te skep, beleggings aan te moedig of korrupsie te bestry nie. Deurlopend was daar geen detail oor byvoorbeeld hoe die jeugwerkloosheid opgelos gaan word of oor hoe korrupsie beter bestry gaan word nie.

Die positiewe in die toespraak was die aankondiging dat daar sterk opgetree gaan word teen betogings wat eiendom vernietig en tot geweld oorgaan. Geen land wat buitelandse beleggings wil trek, kan bekostig dat die beeld na buite uitgedra word dat die regering nie in staat is om wet en orde te handhaaf nie.

Die beklemtoning van die Nasionale Ontwikkelingsplan word verwelkom. Hoe dit egter prakties uitgevoer gaan word, sal die sukses of nie daarvan bepaal.

Vir negentienjaar is daar reeds onsekerheid in die landbou vanweë die uitgerekte proses van grondhervorming. Deur sekere aankondigings rondom die heropen van die 1913 afsnypunt te maak sonder om die detail daarvan uit te spel, veroorsaak weer van vooraf onsekerheid.

Wat Suid-Afrika tans nodig het is sekerheid en hoop. Die president het nie daarin geslaag om met sy staatsrede een van hierdie twee te bied nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae