Moordklag teen Pistorius

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal na verwagting later Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, is Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis in die Silver Woods-landgoed in Pretoria doodgeskiet.

Pistorius se prokureur, Kenny Oldwage, het gesê hy sal Vrydag om borg aansoek doen.

Die sportheld het Donderdagnag in ‘n sel by die Boschkop-polisiestasie aangehou.

Die polisie het gesê Pistorius se aansoek om borgtog sal teengestaan word.

Aanvanklike berigte oor die skietery het aangedui dat Pistorius moontlik sy vriendin vir ‘n inbreker aangesien het. Die polisie het egter later gesê dié inligting is nie deur hulle  vrygestel nie.

Die polisie het aan EWN gesê die bure het hulle ontbied nadat hulle skote gehoor het. Daar was glo voorheen bewerings van “van huishoudelike insidente” by Pistorius se huis.

“Ons is baie verbaas om die bewerings te hoor dat hy sy meisie vir ‘n inbreker aangesien het,” het brig. Denise Beukers, woordvoerder vir die polisie, vroeër gesê.

“Ons het berigte ontvang dat daar geskree was, maar niks is bevestig nie. Dit is deel van ‘n ondersoek wat nog nie afgehandel is nie.”

Sy het gesê forensiese kenners is op die toneel en sal bepaal of daar gedwonge toegang was.

Pistorius het gevra om onmiddellik in die hof te verskyn.

“Een van die redes hoekom ons borgtog teenstaan, sal bekend gemaak word wanneer hy in die hof verskyn,” het Beukes gesê

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae