Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, sal lede van die SA Nasionale Weermagunie Woensdag in Johannesburg toespreek.
“Die geleentheid sal plaasvind omdat daar versoeke deur weermagslede was om Malema te nooi sodat hy na hulle griewe en eise kan kom luister,” het Floyd Shivambu, die geskorste ANCYL-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Shivambu het bygevoeg dat die soldate se klagtes onregverdige afdanking en klein salarisse insluit.
“Malema sal na hulle eise luister en dan maniere voorstel om hierdie kwessies op te los.”
