Die Demokrate se Latyns-Amerikaanse versugtinge

Werkers in die VSA word deur die AFL-CIO se Solidariteit Sentrum [Solidarity Centre] verteenwoordig, ‘n vakbond wat toevallig dieselfde naam as die Suid-Afrikaanse vakbond dra.

Dié beweging is tans in die nuus omdat Republikeine die Demokrate daarvan beskuldig dat die “unies”, oftewel die AFL-CIO, te veel mag het en hul verkiesingsplatform ten nadele beïnvloed. Die Solidariteit Sentrum (SC) is ook al geruime tyd in die nuus vir die feit dat hulle in Venezuela en Colombia werksaam is om ‘n beweging teen die gewilde president Chavez te bou.

Die Solidariteit Sentrum het onlangs op sy webwerf erken dat hulle al die afgelope 13 jaar in Venezuela werksaam is waar hulle deur die National Endowment for Democracy (NED) fondse kanaliseer na die anti-Chavez CTV-unie. Dié stap het tot heelwat kritiek gelei aangesien buitelandse unies byvoorbeeld nie dieselfde vryheid sou geniet om tot die vakbondwêreld in die Amerikas toe te tree nie.

Die vakbond speel ‘n belangrike rol in Venezuela om die arbeidsbeweging te verdeel en oningelig te hou oor progressiewe arbeidswetgewing wat beskerming bied teen onder meer arbeidsmakelaars. ‘n Onlangse wet, onder andere, het die uitkontraktering en subkontraktering van werkers tot ‘n kriminele oortreding verklaar. Die Sentrum agiteer teen die vakbonde wat die nuwe wet verwelkom het.

In Suid-Amerika word SC as ‘n “imperiale” teenwoordigheid beskou wat daarop gerig is om eerder korporatiewe belange te beskerm as dié van die werkers.

Inheemse arbeidersbewegings in Suid-Amerika is ook nie ingenome met die Demokrate se platform wat Latyns-Amerika insluit nie, en sê die Amerikaners het hul greep op die werklikheid verloor. Beskrywings soos die “lewendige demokrasieë in lande uit Meksiko tot Brasilië en Costa Rica tot Chili,” sowel as “historiese vreedsame oordrag van mag in plekke soos El Salvador en Uruguay,” is volop in die Demokrate se verkiesingspraatjies.

Die Latyns-Amerikaanse arbeidersbeweging sê daar heers egter ‘n oorverdowende stilte oor kritieke ontwikkelings in die streek.

Nie verbasend nie, het die Demokrate niks gesê oor die onlangse staatsgrepe in Honduras en Paraguay (beide het plaasvind tydens Obama se eerste kwartaal) nie wat gewilde, demokraties verkose regerings onttroon het nie. Hulle sê ook niks oor die feit dat President Obama, teen die gety van die ander demokratiese lande in Latyns-Amerika, vinnig die staatsgreepregerings in beide van hierdie lande erken het nie.

Ook weggelaat van die verkiesingsplatform is ‘n bespreking oor die verskriklike situasie van menseregte in post-staatsgreep Honduras waar joernaliste, menseregte-advokate en arbeidsleiers gedreig, geteister en selfs doodgemaak word teen ‘n ontstellende tempo.

Verslaggewers Sonder Grense (VSG) het op 16 Augustus verklaar dat 25 joernaliste vermoor is sedert die 2009-staatsgreep in Honduras, wat Honduras die moordhoofstad van die wêreld vir joernaliste maak.

Volgens die Committee to Protect Journalists, is 38 joernaliste vermoor sedert 1992 in Meksiko, en dit is in 27 van dié gevalle bevestig dat die joernaliste juis doodgemaak is, want hulle was joernaliste. Nie juis tekenend van ‘n “lewendige demokrasie” nie.

In Paraguay gaan dinge voor die wind vir Amerikaanse belange post-staatsgreep, met ‘n nuwe Amerikaanse militêre basis asook ‘n ooreenkoms wat Rio Tinto in staat te stel om ‘n nuwe myn in die land te open, weer in teenstelling met die afgesette president se posisie. Die Demokrate het gerieflikheidshalwe vergeet van Honduras of Paraguay se “lewendige demokrasieë”.

In plaas daarvan, het die Demokrate meestal gefokus op hul beweerde begeerte om vryheid na Kuba te bring. Volgens ‘n berig van Januarie 27, 2012 in die Financial Times, getiteld “Vryheid kom stadig na Kuba,” is daar tans “geen ideologiese gevangenes” nie. Dit word gekontrasteer met Colombia, die hoof Amerikaanse bondgenoot in die streek, wat ongeveer 10.000 politieke gevangenes huisves.

Intussen het die Demokrate ook Venezuela uitgesonder om van sy beweerde kettings te bevry. Maar Oxfam, die Britse NRO het verklaar “Venezuela doen iets reg om ongelykheid aan te spreek. Volgens die hoogsgerespekteerde VN se Ekonomiese Kommissie vir Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande, is dit nou die mees gelyke verspreiding van inkomste in die streek, en het vinnig verbeter sedert 1990.”

Colombia en Meksiko, Amerika se bondgenote, is die twee lande met die ergste probleme van ongelykheid in die streek. Hulle verteenwoordig van die wêreld se mees ongelyke verdelings van rykdom. In 1995, was Colombia ingedeel as die vyfde mees ongelyke land (van diegene met beskikbare statistieke), met ‘n Gini-koëffisiënt van 0,57, terwyl Meksiko die agtste ergste is met ‘n Gini-koëffisiënt van 0,52. Tussen 2006 en 2010, was Colombia se ongelykheid ingedeel as 0,58, terwyl Meksiko se koëffisiënt 0,52 was, wat hulle kwalifiseer as twee van die laagstes in die wêreld. Die Demokrate is nie geïnteresseerd in sulke onbenullighede soos maatskaplike gelykheid nie en ignoreer eenvoudig sulke ongerieflike data.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae