Verwoerd se ‘skade’ aan swart onderwys

President Jacob Zuma en ‘n Afrikaanse politieke ontleder André Duvenhage, stem saam dat Verwoerd skade aan swart onderwys aangerig het, het die Citizen berig. Duvenhage het egter gesê die ANC het genoeg tyd gehad om veranderinge te maak.

Zuma het die skuld van die Limpopo handboekskandaal op HF Verwoerd, voormalige eerste minister, geplak.

“Wat gebeur vandag is wat Verwoerd gedoen het, waar die swart meerderheid histories nie onderwys ontvang het nie,” sê hy gister in ‘n ​​onderhoud op Talk Radio 702 gesê.

“Ons is besig met ‘n stelsel wat swart mense vir eeue teruggesit het,” het Zuma gesê.

Hy het die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga en die ANC-regering verdedig, en gesê hulle is opgesaal met probleme wat deur die apartheidsargitek geskep is. Verwoerd het tussen 1958 -1966 as staatshoof gedien.

Zuma het ontken dat politiek prioriteit bo die belang van die leerlinge geniet.

Duvenhage het gesê Zuma se argumente was egter ‘n poging om die blaam vir die mislukkings van die ANC-geleide regering elders te soek.

Duvenhage het nietemin die geleentheid gebruik om Verwoerd ook aan te val as ‘n swak politikus en iemand wat “skade aan swart onderwys aangerig het”.

Hy glo dat Zuma en die regerende party geen antwoorde het oor hoe om onderwysprobleme in die algemeen, of spesifiek te los nie.

Hy het gesê dit het Verwoerd sewe jaar geneem om skade aan die onderwysstelsel aan te rig, terwyl die ANC nie in staat is om veranderinge in die onderwys in die 18 jaar wat die party aan bewind is, aan te bring nie.

“Verwoerd was nie die beste politikus nie, maar die demokratiese regering, onder leiding van die ANC moet verantwoordelikheid neem in plaas van die skuld op hom te pak.

Dit is maklik vir Zuma en die ANC om ander te blameer vir die foute in die onderwys, wat ‘n poging is om aandag te van die verantwoordelikheid van die ANC-regering weg te neem,” het hy gesê.

 

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae