Dié gruwelverhaal, nog een van vele wat byna daagliks in Suid-Afrika afspeel, is nie op SAPA beskikbaar nie, en nêrens in Engels op die internet nie, behalwe by praag.org. Sensitiewe lesers moet die berig liefs vermy.
Die swart moordenaars het ‘n huilende 12-jarige seun se mond toegebind en hom daarna in ‘n bad kookwater gegooi om te verdrink.
Hulle het al laggende Dinsdag na die selle by die Vereeniging-streekhof gestap nadat hulle skuld beken het aan die foltering en moord op Amaro Jose Viana op 1 Oktober in sy ouerhuis in Walkerville, suid van Johannesburg. Sy ma, Geraldine (42), en pa, Tony (53), is ook vermoor.
Patrick Petrus Radebe (24), die gesin se tuinwerker, Sipho Mbele (21), hul huiswerker se seun, en Sphiwe David Motaung (20) het gister skuld beken op alle aanklagte teen hulle.
