Paramedikus met mes gesteek in Khayelitsha

‘n Paramedikus wat oor die naweek uitgeroep is na Khayelitsha net buite Kaapstad is met ‘n mes in die arm gesteek,” het die Wes-Kaapse nooddienste Dinsdag gesê.

Woordvoerder Keri Davids het gesê die ambulans was omstreeks 03:00 Sondagoggend na Khayelitsha onderweg nadat bystand gevra is vir ‘n vrou wat besig was om te kraam.

“Ons het met lede van die plaaslike gemeenskap ooreengekom dat iemand die nooddiensbeamptes by ‘n skool in die gebied sou ontmoet. Met die paramedici se aankoms was daar niemand om hulle te vergesel nie en twee mans het die ambulans genader,” het sy gesê.

Die ambulansmanne het aangeneem dat dit die mans was wat hulle na die vrou moes neem, maar het hulle fout agtergekom toe een van die mans ‘n vuurwapen op hulle rig.

“Hy het besef dat dit ‘n speelgoedwapen was en dit by die man gegryp. Op daardie stadium het die tweede verdagte die ander paramedikus met ‘n mes in sy arm gesteek en weggehardloop.”

Die voorval is by die polisie aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae