Beeld berig dat Masango glo vir Van der Merwe self ook rondgeruk het. Die getuienis is op kringtelevisiebeeldmateriaal vasgevang.
Die insident het by die Nkomazi-tolhek gebeur nadat Masango se luukse wit Mercedes met flitsende blou ligte by Van der Merwe se bakkie oor ‘n sperstreep verbygejaag het op die N4.
Toe die tolhekvalboom Van der Merwe se bakkie afkeer, het die swart bestuurder van die Mercedes sy weg ook versper, uitgeklim en aangestap gekom met sy wapen op Van der Merwe gerig.
Van der Merwe het losgeruk en in die rigting van die Kaapmuiden-polisiekantoor gehardloop. Die polisiekantoor is sowat 400 m van die tolhek af.
Van der Merwe het ‘n klag van aanranding by die polisie ingedien.
