Els, Amla skitter

Ernie Els en Hashim Amla is gelukgewens met hul onderskeie suksesse in Brittanje deur die minister van Sport, Fikile Mbalula.

Els het ‘n dekade lange titel-droogte verbreek deur die Britse Ope te wen. Mbalula sê dit is ‘n aanduiding van goeie dinge wat op Brittanje grondgebied gaan plaasvind.

Hy het gesê dit kan net glorie vir Suid-Afrika beteken in aanloop tot die 2012 Olimpiese en Paralimpiese Spele in Londen.

Amla het ‘n onoorwonne 311 lopies teen Engeland aangeteken en Suid-Afrika in ‘n goeie posisie geplaas om die eerste toets op The Oval in Londen te wen.

Els, oftewel die Big Easy, het die Britse Ope by Lytham St. Annes met sewe onder baansyfer ingepalm.

Adam Scott van Australië het tweede plek behaal.

Die VSA se Tiger Woods het saam met Brandt Snedeker, ook van Amerika, derde gekom.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae