Die president het die lening verdedig en gesê dis nie ‘n skenking nie. Hy het nie verduidelik waarom die bedrag ‘n belegging sou wees nie.
Suid-Afrika het aangekondig dat hy ‘n lening van $2 miljard, wat meer is as R16 miljard, aan die IMF gaan gee.
Die Nasionale Tesourie het vroeër gesê dié bydrae volg nadat Amerika ‘n lening van meer as $450 miljard aan die IMF toegeken het.
Die IMF het ‘n beroep op lande by die G20-beraad in Mexiko gedoen om geld beskikbaar te stel aan die Amerikaans-beheerde organisasie.
Dr. Mzukisi Qobo, ‘n risiko-ontleder, het intussen gesê die lening is ‘n uitdrukking van Suid-Afrika se bereidheid om ‘n rol te speel om regerings wêreldwyd te “versterk”.
Qobo sê Suid-Afrika toon ook sy bereidwilligheid om deel te hê aan pogings om te verhoed dat die eurokrisis verder uitbrei.
