Optog teen misdaad

steve hofmeyr met kruisies
steve hofmeyr met kruisiesPlaaslike bekendes en lede van die publiek het na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om teen gewelddadige misdaad te betoog.

Die optog wat deur Bobby en Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en ander bekendes georganiseer is, doen ‘n beroep op die regering om stappe teen gewelddadige misdaad in die land te neem.

“Hierdie is ons optog na vryheid… dis ons klein oorlog. Misdaad is hoog in hierdie land… Ek het kinders en ek wil seker maak hulle is veilig..,” het Bobby van Jaarsveld gesê.

Hy sê die optog is teen alle misdaad en nie spesifiek teen plaasaanvalle nie.

Van Jaarsveld sê die moord op ‘n vyf maande oue baba wys toe erg dinge is.

Wiehan Botes en sy oppasser, Margrietha de Goede (66), is verlede maand in Delmas, Mpumalanga, vermoor.

Hofmeyr, wat wit kruise op sy gesig geverf het, het die optog gelei.

Hy het agter ‘n banier gestap wat lees: “Ons sal nie stilbly nie.”

Ander betogers se plakkate het gesê: “Moeg vir bloed.”

De betogers sal ‘n memorandum aan die presidensie by die Uniegebou oorhandig.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae