Goue-hoofweg deur oproermakers versper

Verskeie inwoners van Orange Farm in die suide van Gauteng het dele van die Goue-hoofweg Maandag tydens ‘n oproer oor dienslewering versper, het die polisie gesê.

“Die betogers gebruik klippe en buitebande. Die betoging het omstreeks 01:00 begin en dit duur steeds voort,” het lt.kol. Lungelo Dlamini gesê.

“Ons het polisie op die toneel om die situasie te monitor en daar was nog geen geweld nie.”

Hy sê die betoging hou verband met dienslewering, maar kon geen verdere besonderhede verskaf nie.

Die woordvoerder vir die Johannesburg-metropolisie, supt. Wayne Minnaar, het motoriste aangeraai om die N1-hoofweg as ‘n alternatief te gebruik.

топкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae