Swanger in Graad 3

‘n Verslag opgestel deur die Departement van Basiese Onderwys bevat ‘n lang lys van negatiewe omstandighede waaronder kinders hul skoolloopbaan moet voltooi.

Die verslag, “Die jaarlikse opnames vir gewone skole vir 2009-2010”, sê in graad 3 alleen was sowat 109 leerlinge in 2009 swanger, teen “net” 17 in dieselfde graad in 2008.

In graad 4, het die getal gestyg tot 107 van 69 in 2008 en in graad 5 het 297 meisies swanger geraak het in 2009.

Die hoogste konsentrasie van swanger leerlinge in hoërskole, is vanaf graad 7 tot 9. In 2009, het ‘n totaal van 45 276 meisies swanger geword.

Slegs 25% van gewone skole het ‘n e-posadres in 2010 gehad, en ongeveer 54% van die skole het land-lyn telefone. Slegs 3% van die skole in Limpopo het e-pos, in vergelyking met 98% in die Wes-Kaap, “‘n flagrante ongelykheid”. Limpopo het die kleinste wit bevolking van al die land se provinsies.

Ongeveer 26% van die skole het multi-graad klasse in 2010 gehad, die meeste van hulle in die Oos-Kaap.

Ander maatskaplike faktore wat in die verslag genoem word, is dat soveel as ‘n miljoen kinders sonder ‘n pa grootword, en baie ander mense is afhanklik van die uitgebreide maatskaplike toelaenetwerk vir finansiële ondersteuning.

Данильченео

Maak 'n opvolg-bydrae