Wes-Kaapse gemeenskappe in opstand teen DA

Die polisie in die Wes-Kaap is Vrydag ontplooi teen ‘n diensleweringsbetoging op Duinefontein-weg naby Guguletu, volgens Eyewitness News.

André Traut van die Suid-Afrikaanse polisiediens sê hy het inligting ontvang dat sowat 1 000 mense die strate ingevaar het.

“Die polisie is in die omgewing ontplooi. Sowat 1 000 mense veroorsaak ontwrigtings. Ons verneem dit is ‘n dienslewering-betoging.”

Die gemeenskappe van Botrivier in die Overberg het ook gesê hulle gaan in opstand kom teen die DA-munisipaliteit se gebrekkige dienslewering.

Skermutselinge tussen die polisie en die gemeenskap van Theewaterkloof het verlede week uitgebreek.

Die plaaslike raadslid Anton Bredell het Sondag ‘n vergadering belê, maar niemand het opgedaag nie. Gemmenskapsleier Wilfred Herman sê die raadslid moet bedank.

Herman sê die Botriviergemeenskap is siek en sat vir die DA wat gedurig politiek speel. Die raadslid se foon is altyd af en sy beantwoord nie oproepe nie, sê hulle.

 

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae