“Om hierdie wurggreep sal te breek sal ‘n vasberade en intervensionistiese staat vra wat nie skaam is om beherende belang in strategiese hulpbronne op te neem nie,” het die vakbond gesê.
“Met die staat stewig in beheer van minerale hulpbronne … en hulle veredeling deur middel van sy eie maatskappy, sal dit letterlik moontlik wees om die prys waarteen die globale mark toegang tot hierdie strategiese minerale verkry, te bepaal.”
Suid-Afrika was die voorste vervaardiger en het die grootste wêreld-reserwes, sê die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika (Numsa) in die dokument.
Die ontleding het die belangrikste waardekettings wat ontwikkel moet word as ‘n basiese maatstaf vir Suid-Afrika se veredelingstrategie van minerale aangebied.
Dit is die staal-waardeketting, die edelmetale-waardeketting en metaal-chemikalieë benefisiëring.
Met hierdie minerale sal Suid-Afrika in staat wees om die maksimum uit die globale markte te verdien.
Dit sal ook help om nasionale fasiliteite te skep wat waarde toevoeg en waardekettings in die ekonomie verbreed, het hy gesê.
“Dit is ‘n kwessie van of Suid-Afrika die leierskap met kapasiteit het om politieke mag te mobiliseer om fundamentele maatskaplike en ekonomiese transformasie in die belang van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners te bewerkstellig.
“Benefisiëring is ‘n saak wat die verandering van bestaande magsverhoudinge in Suid-Afrikaanse waarde-kettings en die produksieverhoudings daarbinne, en met die wêreld, raak,” het Numsa gesê.
Dit is hierdie magsverhoudings wat die ontwikkeling van Suid-Afrika se produksie geïnhibeer het.
Dit word weerspieël in ‘n beperkte industriële ontwikkeling, ongelykhede en armoede en massawerkloosheid, het hy gesê.
