Die Amerikaanse minister van buitelandse sake me. Clinton wil dat Amerikaanse fondse na die Wes-Bank en Gasa gekanaliseer word, ten spyte van ‘n houvas deur buitelandse sake se Republikeinse komiteevoorsitter in die Huis van Verteenwoordigers Ileana Ros-Lehtinen.
Dis ‘n seldsame vertoon van hoe die uitvoerende gesag die sleutelwetmaker wat Kongres se toesighoudende rol moet beskerm, uitdaag.
‘n Amptenaar in buitelandse sake het gesê die brief is Dinsdag afgelewer aan sleutellede van die Kongres om hulle in te lig van Clinton se besluit om voort te gaan met ‘n $147 miljoen-pakket vir die fiskale jaar 2011 ter ekonomiese ondersteuning van die Palestynse volk, ten spyte van Ros-Lehtinen se houvas. Administrasies oor die algemeen betaal nie geld oor as daar besware van die aanvoerders in relevante komitees bestaan nie.
“Die fondse is kritiese ondersteuning aan die Palestynse volk en die leiers wat ekstremisme in hul samelewing bestry en ‘n meer stabiele toekoms bou. Sonder befondsing, loop ons programme die risiko om gekanselleer te word,” het die beampte in ‘n e-pos gesê, omdat hy nie gemagtig is om te praat oor die kwessie nie.
“So ‘n stap sal die vordering wat gemaak is in die afgelope jaar in die bou van die Palestynse instellings en die verbetering van die stabiliteit, sekuriteit en ekonomiese vooruitsigte, wat tot voordeel van Israeli’s sowel Palestyne strek, ondermyn.”
