AGI berig dat die nuutste CSA-peiling bevind het dat 26 persent van die kiesers tussen die ouderdomme van 18 en 24 ten gunste van Le Pen gaan stem in die Franse presidensiële verkiesing op 22 April.
Dié persentasie is nog meer merkwaardig indien ‘n mens in aanmerking neem dat dit waarskynlik swart en Arabiese jeugdiges uitsluit.
Die peiling sê Sosialistiese kandidaat Francois Hollande is net agter met 25 persent, terwyl die gevestigde president Nicolas Sarkozy 17% kry en die verlinkse kandidaat Jean-Luc Melenchon 16%.
Le Pen het die leierskap van die Front National van haar vader, Jean-Marie Le Pen, in 2011, oorgeneem. Hy het onverwags na die tweede ronde van die 2002 presidensiële verkiesing deurgedring, maar is uiteindelik verslaan deur Jacques Chirac.
Ontleders meen die CSA-resultaat is “geen toeval”, en voeg by dat “geen kandidaat bied ‘n realistiese hoop nie, en skuldverplasing raak meer aantreklik.”
Die geveg vir die presidensiële pos het amptelik Maandag begin, met advertensies ter ondersteuning van die 10 kandidate wat op radio en televisie uitgesaai word, en veldtogplakkate oor die hele land.
