Jeugliga woordvoerder Floyd Shivambu het gesê Malema sal praat met die werkers by die Freedom Park-stadion oor die nasionalisering van myne en beter werksomstandighede.
Maandag het die National Union of Mineworkers (NUM), se sekretaris-generaal Frans Baleni gesê Implats was verantwoordelik vir die staking. Hy het gesê die unie se sentrale strukture is nie in kennis gestel dat Implats ‘n salarisaanpassing vir mynwerkers gaan implementeer nie.
Volgens berigte in Britse koerante, is die platinummynbedryf bekommerd dat hulle winste daal en hulle beoog glo om produksie te snoei om die pryse opwaarts te druk.
Implats se retensiebonus is blykbaar nie aan booroperateurs gebied nie, wat gelei het daartoe dat hulle van hulle werke afgestap het, en gevolg is deur duisende ander mynwerkers. Implats het 17 200 werkers afgedank nadat hulle geweier het om terug te gaan na hul werk.
Aanvanklik het Implats gesê dat die afgedankte werkers weer kan aansoek doen vir hul poste, maar sou enige voordele wat hulle voorheen gehad het, verloor. Vrydag het die NUM en Implats ooreengekom dat werkers met hul vorige voordele ongeskonde kan terugkeer. Hulle sal nie betaal word vir die dae wat hulle nie gewerk het nie.
Werkers het tot 15:00 Woensdag om terug te keer na Implats, of hulle sal nie heraansgestel word nie. Die maatskappy het gesê hulle sal slegs 15 000 werkers terugneem, en laat 2 200 werklose myners gaan.
Drie mense is dood tydens die staking.
