Student dood na geweld op kampus

‘n Twintigjarige student is Maandag dood nadat geweld by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha op die kampus uitgebreek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Hy was op die dak van ‘n kampusgebou saam met talle ander studente,” het lt. kol. Mzukisi Fatyela gesê.

“Sommige van hulle het klippe na die polisie gegooi.”

Die student het blykbaar op ‘n plastiek-daklig getrap wat meegee het en deur die opening geval.

Dertien ander studente is in hegtenis geneem vir openbare geweld.

“Hulle het paaie afgesper met vullisdromme, ystergrendels en ander dinge,” het Fatyela gesê.

“Hulle is uiters gewelddadig. Hulle het eiendom beskadig, bande en vraestelle verbrand en klippe na die polisie en ander mense gegooi.”

Fatyela het gesê polisievoertuie is beskadig, maar geen beserings is aangemeld nie.

Die polisie het rubberkoeëls op die skare afgevuur om hulle uitmekaar te probeer jaag.

Ongeveer 1 000 studente betoog sedert 06:00 op die Nelson Mandela Rylaan-kampus, het hy gesê.

Fatyela het gesê die studente eis dat hulle deurgesit word, al het hulle hul toetse gedruip. Die skare het om 15.40 begin verdaag.

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae