Laat weet die president van jou probleme

President Jacob Zuma sal van sosiale media gebruik maak om uit te vind wat Suid-Afrikaners oor die stand van die land dink voor sy 9 Februarie-toespraak, het sy kantoor gister gesê.

Zuma het Facebook verlede jaar gebruik om gewone burgers aan te moedig om direk met hom te praat en die behoeftes van die gemeenskappe na vore te bring.

Hierdie jaar is sy sosiale netwerk uitgebrei om Facebook, Twitter en e-pos in te sluit, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Verlede jaar het Bongokuhle Miya van Umzimkhulu Facebook gebruik om Zuma oor riooloorstroming, vloedwaters en rondloperdiere in sy woongebied te vertel.

Volgens die presidensie, is die dorp se rioolstelsel opgegradeer, paaie is verskuif om met vloede rekening te hou en ‘n dierehawe is gebou.

Hierdie jaar kan Suid-Afrikaners per e-pos hul probleme na president@po.gov.za stuur of met die president deur sy Facebook-bladsy gesels, by PresidencyZA of sy dmv Twitterrekening @ SAPresident, of die hashtag # PresidentSona.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae